Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Sterre op rooi tapyt by Cannes
Die 72ste Cannes-rolprentfees is aan die gang in Frankryk. Die sterre het Dinsdagaand met die amptelike opening van die fees en die vertoning van die rolprent The Dead Don’t Die op die rooi tapyt geskitter.
Eva LongoriaFoto: Reuters
Elle Fanning, een van die jurielede, se klassieke bolla en lang oorbelle het die oog getref.Foto: AP
Lede van die jurie van die Cannes-rolprentfees poseer vir foto’s. Van links is Elle Fanning, Alejandro Gonzalez Inarritu, voorsitter van die jurie, Kelly Reichardt, Maimouna N'Diaye, Enki Bilal, Pawel Pawlikowski, Yorgos Lanthimos, Alice Rohrwacher en Robin Campillo. Foto: AP
Charlotte Gainsbourg en Javier Bardem het saam opgedaag. Foto: Reuters
’n Glimlaggende Javier Bardem voor die vertoning van die rolprent The Dead Don’t Die.Foto: Reuters
Die model Jeremy Meeks, ook bekend as die “Hot Felon”. Meeks was in die tronk toe hy deur modelbase raakgesien is. Foto: Reuters
Die Oscar-bekroonde Julianne Moore het ’n smaraggroen aandrok gedra. Foto: Reuters
Die blogger en Instagramster Farhana Bodi het in ’n skouspelagtige koningsblou tabberd op die rooi tapyt verskyn. Bodi is in Indië gebore en het in Suid-Afrika grootgeword. Haar skoonheid-, reis- en leefstylblog, The Women of the World, is wêreldwyd gewild. Sy woon tans in Dubai.Foto: Reuters
Die Franse aktrise Marina Foïs het in ’n dramatiese uitrusting op die rooi tapyt verskyn. Foto: Reuters
Die Franse stemkunstenaar, rolprent- en TV-aktrise draai met haar sleep in die rondte. Foto: Reuters
Die aktrise Tilda Swinton en die sangeres Selena Gomez. Haar korsetaandrok het herinner aan Madonna se korsetkostuums van die 1980’s. Foto: AP
Die Victoria Secret-model Romee Strijd se lae halslyn het nie ongesiens verbygegaan nie. Foto: Reuters
Selena Gomez het toeskouers na hul asem laat snak met haar korsetaandrok van Louis Vuitton. Dit is die sangeres se eerste verskyning op die rooi tapyt in Cannes. Sy is een van die ensemble spelers van The Dead Don’t Die. Foto: Reuters
Die Iers gebore aktrise Amira Casar. Sy is bekend om haar rolle in Versailles en Call Me By Your Name. Foto: Reuters
Fotograwe staan nader om die Franse aktrise en skrywer Macha Meril af te neem. Meril is in 1940 as prinses Maria-Magdalena Vladimirovna Gagarina in Marokko gebore. Foto: Reuters
Dikhakskoene en ’n sleep met verfspatsel is ook op die rooi tapyt gesien. Foto: Reuters
Meer oor:  Cannes-Filmfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.