Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Steve dans met kleine Romy-lee

Steve Hofmeyr het Donderdag ’n video op sy Facebook-blad gedeel van hom wat saam met sy dogtertjie, Romy-lee, dans.

In die inskrywing sê Hofmeyr hy en sy dogter dans soms in hul pajamas.

Hofmeyr en Romy-lee dans op sy eie weergawe van die Dirty Dancing-liedjie “Hungry Eyes” wat in die agtergrond speel. Terwyl pa en dogter dans, hou Hofmeyr vir Romy-lee styf in sy arms vas.

Hy sê ook in die inskrywing: “Sy word yslik groot. Ek sluk swaar elke oggend as sy onder my arm inkruip . . .”

Dié video het aan Hofmeyr se aanhangers se hartsnare gepluk, met talle mense wat kommentaar gelewer het oor hoe oulik en pragtig Romy-lee is.

Marlené Barnard sê: “So kosbaar! Sy word al hoe mooier en ouliker. Dankie vir die deel, Steve! Mooi dag en sterkte vir Janine. Hoop sy is al spanne beter!”

Magda Benade sê dit is ’n wonderlike voorreg om so met sy pragtige dogtertjie te kan dans en dat dit iets is wat geld nie kan koop nie.

Zelda Botha Verster sê Romy-Lee is op haar gelukkigste in Pappa se arms.

“Dis mos nou pure lekker!”

Benewens die inskrywing oor sy dogter, het Hofmeyr ook gal gebraak oor Eskom, die grondwetwysiging en plaasaanvalle.

Oor Eskom vra Hofmeyr hoe ’n mens die kragverskaffer kan boikot. Volgens hom is kerse onvoldoende en kragopwekkers is te duur.

“Daar word gereken dat 66% van hul werkers oorbodig is, maar salarisse van R800 000 per jaar huis toe vat. Hul base, verantwoordelik vir die gemors, vat miljoene per jaar huis toe. As jy vanaand in die donker sit, weet jy hoekom.”

Oor die grondwetwysiging: “En so woed die diefstal voort: Die grondwetwysiging vir grondonteiening het ’n warm ontvangs geniet en nou fokus die staat op kopiereg, of wat kreatiewe kunstenaars as pensioen beskou.

“Daarna sal jou pensioen ook in gedrang kom. So druk hulle ons pap.”

Hofmeyr verwys ook na ’n plaasaanval op Burgersdorp en beskryf dit as “hartverskeurend”.

“Ons is so hopeloos terwyl ons mense verbrand word met kookwater. Hierdie aanvallers is nie mense nie. Ons deel ’n land met diere. En die wat nie diere is nie, swyg daaroor.”

Hofmeyr deel verder nuus oor sy liedjies, “Amanda” en “Redgebed”.

Hy dink “Amanda” gaan teen die naweek 1 miljoen keer gekyk wees en raai mense aan om uit te kyk vir “Redgebed” se video oor die naweek.

“Die opname (van “Amanda”) doen iets aan mense. Ek weet dit laat my met ’n warm gevoel in die hart.”

Meer oor:  Video  |  Steve Hofmeyr  |  Facebook  |  Romy-Lee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.