Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Swierige partytjie voor Demi-Leigh se troue

Dit gons behoorlik op sosiale media oor die spoggerige ete wat vermoedelik die partytjie voor die troue van Demi-Leigh Nel-Peters, ’n voormalige Mej. Heelal, en haar verloofde, die Amerikaanse bofbalspeler Tim Tebow, was.

Terwyl daar geswyg word oor enige besonderhede van dié glanspaartjie se troue, word wyd bespiegel dat dié ete iets soortgelyk was aan die Amerikaanse tradisie van ’n oefensessie met al die betrokkenes voor die groot dag.

Nel-Peters en Tebow is volgens hul sosialemedia-rekeninge tans in Kaapstad. Sy het Saterdag ’n video op Instagram geplaas van waar die twee saam met gaste kuier by ’n plek wat soos ’n wynlandgoed lyk wanneer hulle tussen wingerde voor ’n berghang vir foto’s poseer.


Nel-Peters het kort daarna foto’s gedeel, waar hulle in dieselfde uitrustings gesien is, met ’n inskrywing wat lui, “Om vir jou Suid-Afrikaanse gasvryheid te wys, is alles.”

Tebow het op sy Instagram ook ’n paar kort video’s van die ete gedeel, waar hy na die geleentheid as ’n “verwelkomingsete” in Suid-Afrika verwys.

Hy het verder gesê dit is wonderlik om al die “Afrika-goed te sien” waaroor sy verloofde gek is. Een daarvan is gesigverf.

Kort daarna word Nel-Peters gesien waar ’n vrou vir haar tradisionele Xhosa-gesigverf aansit. Ook Tebow het later dié verfkolletjies op sy gesig gehad.

Nel-Peters se video was binne vyf ure meer as 255 000 keer op Instagram gekyk, met van haar aanhangers wat vrae het oor wanneer hulle gaan trou.

Intussen het ’n betroubare bron gesê die paartjie trou Maandag.

Gaste kom in die Kaapse middestad bymekaar, waarvandaan hulle met bussies vervoer sal word na die venue, wat glo ’n halfuur uit die stad is. Soos Vrydagaand se ete sal die troue vermoedelik ook in die wynlande gehou word.

Na verneem word, sal die Suid-Afrikaanse troue met ’n troue in Amerika opgevolg word.

Demi-Leigh Nel-Peters, ’n voormalige Mej. Heelal, en haar verloofde, Tim Tebow. Foto: Instagram, demileighnp

Meer oor:  Troue  |  Tim Tebow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.