Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Tasche terug in die Kaap as ‘The Voice’-wenner

Tasche Burger (19) wenner van die jaar se TV-sangkompetisie The Voice South Africa, het Vrydagmiddag, amper ’n week na sy as wenner van die kompetisie aangewys is, in die Kaap aangekom.

Burger se ma, Suné, en jonger sussie, Minette (13), was op die lughawe om haar te verwelkom, saam met haar ouma Irene Jacobs en ’n groep van Tasche se vriendinne.

Tasche Burger en haar ma, Suné. Elzette Roode, Tasche se gr. 1-onderwyseres aan die Laerskool Totius, het vir haar die blomme gebring wat sy vashou. Foto: Adrian de Kock

“Ek kon nie wag om terug te kom nie,” sê Tasche, omring met ballonne van haar vriendinne. “Ek gaan nou begin braai.”

Sy sê alles voel soos ’n droom waaruit sy nie wil wakker word nie. Tasche het onder meer ’n splinternuwe RAV 4, ’n geskenkbewys van R100 000 van Truworths asook ’n nuwe selfoon gewen.

Maar voordat Tache haar motor kan gebruik, moet sy eers haar rybewys kry.

“Ek het darem al my leerlinglisensie, en ek sal binnekort die rybewys kry,” sê sy.

Tasche het ’n swart top gedra met Francois van Coke, haar mentor in die program, se handelsmerk daarop: ’n Reënboog met die woorde “Die wêreld is mal”.

Sy sê Van Coke het dit vir haar op 29 Junie as ’n verjaardaggeskenk gegee, saam met nog ’n T-hemp en ’n horlosie.

Haar ma, wat in Brackenfell woon, sê hulle weet al van Tasche se kleintyd dat sy ’n besonderse sangtalent het.

“Toe sy vier jaar oud was, het ons by Goudini-spa naby Montagu gaan kampeer. Ons het die aand om die kampvuur gesit en sing,” vertel sy.

“ ’n Vrou kom toe na ons toe en vra, ‘is dit die klein dingetjie wat so sing?’. Sy sê toe sy gee sanglesse, en sal graag vir Tasche wil leer.”

Danielle Esterhuizen, Tasche Burger en Milandre Moutonomhels mekaar op die lughawe.Foto: Adrian de Kock

Suné sê haar dogter het lank by dié vrou, Michelle Uys, sanglesse geneem. Later het sy ook by Riana van Wyk lesse geneem, maar het toe uiteindelik na Leana Marx geskuif.

Suné sê Marx het haar uitstekend gehelp, en was ook die sangafrigter van Leah en ’n rits ander bekende sangers.

“Toe Tasche tien jaar oud was, het sy ’n aanbod gekry om in Amerika te gaan sing en optree, omdat sy ook ’n talent vir drama het.

“Dit sou beteken dat ons na Amerika moes verhuis. Ons het lank daaroor nagedink, maar ek het uiteindelik besluit ons gaan nie die aanbod aanvaar nie.

“Tasche was natuurlik vies vir my, maar ek het besluit ek wil ’n kind hê wat fietsry en boomklim, eerder as ’n Disney-ster.”

“Ek het haar beslis teruggehou, maar ek dink dit is ’n goeie ding. Sy wou nog altyd vir The Voice inskryf, en ons het middel verlede jaar besluit die tyd is nou reg.”

Suné sê hulle het net gehoop dat sy na die volgende ronde sal deurgaan, en was elke keer verbaas dat sy die volgende ronde van keuring geslaag het. Min het hulle geweet dat Tasche die kompetisie sou wen.

Minette, ’n gr. 8-leering aan die Hoërskool Durbanville, sê haar suster het nou daarvoor gesorg dat almal in die skool weet wie sy is.

Tasche is die derde wenner van The Voice wat uit die Kaap kom. Voor haar was Craig Lucas van Elsiesrivier die wenner, en voor hom het Richard Stirton van Rondebosch gewen.

Tasche druk haar vriendin Gabriella Finikarlades.Foto: Adrian de Kock
Meer oor:  Tasche Burger  |  Realiteitsreeks  |  The Voice Sa  |  Vermaak  |  The Voice-Wenner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.