Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Waar het jy daardie hemp gekry, Louis?

Meghan, hertogin van Sussex, het wel Saterdag die Vaandeldagparade bygewoon, maar hoekom was haar en prins Harry se kleinding nie daar te sien nie?

Archie Harrison, Meghan en Harry se eersteling, is skaars vier weke oud en sal moontlik eers volgende jaar sy debuut op Buckingham-paleis se balkon maak.

Koninklike mammas wag gewoonlik totdat hul kleingoed een jaar oud of ouer is voordat die kinders op die balkon verskyn.

Prins George, oudste seun van prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, was amper twee toe hy in 2015 sy debuut op die balkon gemaak het. Boonop was die ligblou pakkie wat hy aangehad het, dieselfde as waarin sy pa en sy oom Harry op dieselfde balkon verskyn het.

George se sussie, prinses Charlotte, was weer 13 maande oud toe sy in 2016 in haar ma se arms op die balkon verskyn het. Charlotte se handjie was pal in haar mond omdat sy besig was om tande te kry.

Saterdag was dit die beurt van prins Louis, die Cambridges se jongste, om saam met die res van die koninklike familie op die balkon te verskyn. Die kleinding het die kollig gesteel met sy geesdriftige handeklap en gewuif, maar ook oor die wit hemp met blou smokwerk en blou broekie wat hy aangehad het.

Dié klere was reeds tevore gesien toe Harry die eerste keer as kind op die balkon verskyn het.

Of klein Archie volgende jaar soos sy nefies in “ou” klere op die balkon sal verskyn, sal gesien moet word.

Catherine is bekend daarvoor dat sy haar kinders hul klere weer laat dra, of soos in die geval van die Vaandeldagparade uit die koninklike pakkamers laat haal om hergebruik te word.

Dié hempie is al voorheen gesien

Prinses Anne lig ’n jong prins Harry op sodat hy die skare voor Buckinghampaleis kan sien. Die wit hemp wat Harry hier met die koninklike familie se verskyning in 1986 op Buckinghampaleis se balkon dra, is dieselfde hemp wat prins Louis Saterdag gedra het. Foto: Getty Images
Prins Louis se wit hemp met bou smokwerk is identities aan ’n hemp wat ’n jonger prins Harry gedra het, ook met Vaandeldagparade. Foto: Getty Images

In die familie...

Prins William het in 1984 ’n hemp soortgelyk aan dié van prins Louis gedra. Foto: Getty Images

Die blou pakkie ...

Prins William in sy blou pakkie in die arms van sy pa, prins Charles. Links is prins Charles se ouma, die koninginmoeder, en regs prinses Margaret, koningin Elizabeth se suster. Foto: Getty Images
Prins George het met sy eerste verskyning op Buckinghampaleis se balkon in ’n blou pakkie gespog wat prins William óók met Vaandeldagparade gedra het. Foto: Getty Images

Princess Diana (1961 - 1997) holds her son Prince
In 1985 was dit prins Harry (in sy ma, Diana, se arms) se beurt om die blou pakkie te dra. Foto: Getty Images
Die wit hemp met die blou omboordsel

Die blou kortbroek en wit hemp met blou omboordsel wat prins George Saterdag gedra het, was al sy ouma Diana se keuse vir haar kinders. Foto: Getty Images

Meer oor:  Prins Louis  |  Prins George  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.