Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Kylie se ‘spesiaalste geskenk’ op haar 21ste

Al is sy ’n ma en na raming $900 miljoen werd, vergeet Kylie Jenner hopelik Vrydag vir ’n rukkie van al haar verantwoordelikhede wanneer sy haar 21ste verjaarsdag vier.

As TV-werklikheidster en sosiale media-liefling kon sy ’n uiters suksesvolle kosmetiese maatskappy, Kylie Cosmetics, op die been bring.

En hoe duur die geskenke ook al mag wees wat sy op haar verjaarsdag ontvang, het Jenner dit duidelik gemaak wat die spesiaalste geskenk in haar lewe is.

Haar babadogter van ses maande oud, Stormi.

Sy het twee nuwe foto’s van haar en haar skattige kind op die oggend van haar verjaarsdag op sosiale media geplaas. Sy skryf dat Stormi haar “mees spesiale geskenk” is.

Kylie Jenner vier Vrydag haar 21ste verjaarsdag en het nuwe foto’s van haar en Stormi op sosiale media geplaas.Foto: Facebook
Kylie Jenner sê haar dogter, Stormi, is haar spesiale geskenk. Foto: Facebook

Jenner is geklee in ’n kort swart rokkie met Stormi op haar skoot.

Later in nog ’n inskrywing is sy blond en reg vir haar partytjie geklee in ’n sexy pienk rok wat haar maag wys. Dit is volgens haar inskrywing die eerste van die aand se uitrustings.

Kylie Jenner in haar eerste uitrusting vir die aand.Foto: Facebook

Sy het later ’n foto van haar bekende susters en haar ma op Instagram geplaas om te wys hoe lekker daar gekuier word.

Die susters: Khloé Kardashian, Kim Kardashian-West, Kylie Jenner, Kendell Jenner en Kourtney Kardashian en ma, Kris Jenner.Foto: Instagram

Meer oor:  Kylie Jenner
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.