Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Lady Gaga se gesteelde honde is gevind

Die popster Lady Gaga se twee gesteelde Franse bulhonde is gevind en in die sorg van haar span in Los Angeles.

Koji en Gustav is Vrydag deur ’n vrou gevind en sy het die honde na ’n polisiekantoor in Los Angeles gebring.

Ryan Fischer, ’n vriend van Lady Gaga, het Koji, Gustav en Miss Asia verlede Woensdag op ’n stappie geneem toe ’n motor langs hom stilhou en twee mans geëis het dat hy die honde aan hulle oorhandig. Franse bulhonde is gewilde teikens vir hondediewe in die stad.

Fischer is in die bors gewond en Miss Asia kon ontsnap. Fischer is op die herstelpad.

Lady Gaga het $500 000 aangebied vir enigiemand wat haar honde terugbesorg.

Die vrou wat die honde gevind het, se identiteit word beskerm omdat ’n ondersoek na die diefstal nog aan die gang is, het die polisie gesê. Dit is nie bekend of sy die beloning sal ontvang nie.

Verteenwoordigers van Lady Gaga is na die polisiekantoor om die honde uit te ken.

Lady Gaga is tans in Rome vir die verfilming van ’n rolprent. – SkyNews, AP en ABC.


Meer oor:  Lady Gaga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.