Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Laila Ali ‘hoop en bid’ ná sy bejaarde man raakry

Laila Ali (40), dogter van die legendariese bokser Muhammad Ali en self ook 'n bokser, het ’n bejaarde man op ’n parkeerterrein in die rykmansbuurt Calabasas in Los Angeles, Kalifornië, raakgery.

Laila Ali. Foto: Getty Images

Ali skryf op Facebook sy “hoop en bid” die man is oukei.

“Soos berig was ek in ’n klein ongeluk op ’n parkeerterrein. Ek is oukei en ek bid dat die bejaarde man wat agter my motor geloop het toe ek agteruit ry, ook oukei is.

My dogter (Sydney) was ook in die motor en sy is ook oukei.”

Sy bedank ook die nooddienstepersoneel vir hul hulp.

Paramedici het die man van in sy 90’s op die toneel behandel en hom toe in ’n stabiele toestand na ’n hospitaal gebring, berig TMZ.

Die polisie was gou op die toneel, maar die bokser is nie aangekla nie.

Die polisie het die voorval, wat Dinsdagmiddag omstreeks 14:40 plaaslike tyd gebeur het, aan die tydskrif People bevestig.

“Ali het stadig gery. Die man is in sy 90’s, so as hulle val, kry hulle seer,” het ’n woordvoerder van die Los Angeles polisiekantoor aan die tydskrif gesê.

Meer oor:  Laila Ali  |  Calabasas  |  Kalifornië  |  Bejaarde Man  |  Celebs  |  Raakry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.