Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Liam bly bot ná huweliksboot met Cyrus sink
Liam Hemsworth en Miley Cyrus se paadjies het geskei. Foto: Instagram/ liamhemsworth

Liam Hemsworth het uiteindelik sy stilte verbreek oor die nuus dat hy en die sangeres Miley Cyrus se huweliksboot ná sewe maande gesink het.

Die twee se verhouding was die heel tyd aan en af sedert hulle in 2010 op die stel van die fliek Last Song ontmoet het.

“Net ’n vinnige boodskap om te sê dat my en Miley se paadjies onlangs geskei het. Ek wens haar net gesondheid en geluk toe op haar pad vorentoe.

“Dit is ’n private saak en ek het nie, en sal ook nie, enige kommentaar aan joernaliste of mediahuise lewer nie. Enige aanhalings van my af, is fopnuus. Vrede en liefde,” het Hemsworth op Instagram geskryf.

Die Daily Mail in Australië beweer dat hy gesê het sy joernalis verstaan nie hoe dit voel nadat Cyrus Saterdag in ’n verklaring aan People Magazine bevestig het dat hulle uitmekaar is nie.

Vroeër die dag is druk daaroor bespiegel nadat ’n foto van Cyrus sonder haar trouring op Instagram verskyn het.

Sy en Hemsworth se verhouding was reeds van die begin af wankelrig. Hulle het in 2013 hul verlowing verbreek voordat hulle weer in 2015 besluit het om hul verhouding nog ’n kans te gee. Daar was ook in Julie gerugte dat hul huweliksboot besig is om te sink, maar Cyrus het dit doodgepraat

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.