Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Lisa Marie: Erflating van Elvis ‘uitgeleef’
Lisa Marie Presley Foto: GETTY IMAGES

Lisa Marie Presley, Elvis Presley se enigste kind, is kniediep in die skuld en dagvaar haar gewese bestuurder omdat sy meen hy het haar sake wanbestuur.

Op sy beurt dagvaar haar gewese bestuurder, Barry Siegel, Presley weer vir onbetaalde rekeninge ter waarde van $800 000 (R9,25 miljoen).

Siegel, wat Presley se sake sedert 1993 behartig toe Presley toegang tot haar reuse-erflating van $100 miljoen (R1,16 miljard) gekry het, meen Presley se uitspattige leefstyl het tot haar situasie bygedra.

Die twee hofgedinge is verlede week by die hooggeregshof in Los Angeles ingedien en volg op Presley se vierde mislukte huwelik en haar bekendmaking dat sy $16 miljoen (R185 miljoen) se skuld het.

Presley was net nege jaar oud toe haar pa, Elvis, in 1977 dood is. Sy het in 1993 haar erflating deur middel van ’n trust ontvang en Siegel was in beheer van haar sake.

Volgens Presley was Siegel verantwoordelik vir haar 11 jaar lange verval in skuld en ’n saketransaksie wat in 2005 gedoen is.

Die spesifieke verwysing na 2005 hou verband met ’n saketransaksie oor Elvis se huis, Graceland, en die intellektuele kopiereg op sy musiek.

Lisa Marie beweer in hofstukke daar was in 2016 slegs $14 000 (R162 000) in kontant oor in die trust en meer as $500 000 (R5,8 miljoen) se kredietkaartskuld.

Spiegel kap terug en sê Lisa Marie is herhaaldelik gewaarsku om nie haar erflating te verkwansel nie en haar leefstyl aan te pas.

Volgens Siegel se prokureur, Leon Gladstone, het die 2005-transaksie meer as $20 miljoen (R230 miljoen) van Lisa Marie se skuld gedelg en haar meer as $40 miljoen (R460 miljoen) kontant in die sak gebring, wat sy in die daaropvolgende jare uitgeleef het.

Lisa Marie was twee jaar lank met Michael Jackson getroud en 108 dae lank met die akteur Nicolas Cage.

Sy en haar vierde man, Michael Lockwood, is gewikkel in ’n stryd om toesig oor hul agtjarige tweelingdogters, Harper en Finley. – Reuters

Meer oor:  Lisa Marie Presley  |  Elvis Presley  |  Erflating  |  Hofstryd
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.