Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Liz Hurley laat kwik styg met gewaagde foto

Elizabeth Hurley, die Britse aktrise en model, het wéér die tonge los oor ’n gewaagde uitrusting.

Piers Morgan, aanbieder van die ontbytprogram Good Morning Britain het amper in sy ontbytpap gestik oor die foto van ’n halfnaakte Hurley in die sneeu wat sy Maandag op Instagram geplaas het.

Hurley, wat in 1994 aan die sy van haar destydse kêrel, Hugh Grant, die wêreld se verbeelding aangegryp het in ’n Versace-rok wat met reusehaakspelde aanmekaar gehou is, poseer gereeld in sexy foto’s in haar eie reeks swemdrag.

Maar vir Morgan was dit eens te veel dat ’n 55-jarige vrou haar so ontbloot, te meer nog omdat haar 19-jarige modelseun, Damian, gereeld sulke foto’s van haar neem.

Morgan, self 55, het Hurley as “thirsty and creepy” beskryf. “Thirsty” is slang vir iemand wat veral vir seks desperaat is.

Elizabeth Hurley Foto: Instagram

Sy medeaanbieder, Susanna Reid, het Hurley verdedig en gesê sy lyk “wonderlik”. Sy het teruggekap en Morgan self as “thirsty” beskryf.

Waarop Morgan geantwoord het: “Ja, sy lyk wonderlik, maar wat doen jy, Liz? ’n Bietjie sneeu en jy trek jou klere uit . . . Komaan , jy’s 55 – trek jou klere aan!”

Hy gaan toe voort om te praat oor wie die foto’s geneem het.

“En wie het die foto’s geneem? Jou 19-jarige seun, sê jy het die foto’s geneem? Is dit nie grillerig nie?”

Reid wou weet of vroue ouer as 50 dan nie “vel mag wys nie”.

The Sun het ook berig oor die wit bikinibroekie van Hurley se eie swemreeks en oorgroot jas waarin sy geposeer het. Die foto is buite haar gebouekompleks in Herefordshire geneem. Sy het by die foto geskryf: “Hoe kon ek dit weerstaan?”

Hello! het berig dat Hurley nie haar aanhangers teleurgestel het met haar fotosessie in die sneeu nie. Haar aanhangers was vinnig om kommentaar te lewer met een wat geskryf het: “Sjoe, ek is sprakeloos, Elizabeth, en jy het waarlik die perfekte lyf.”

Nog een skryf: “Jy lyk ongelooflik.”

- DailyMail


Meer oor:  Piers Morgan  |  Elizabeth Hurley
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.