Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Lucas se suster sê jammer oor gedenksteen by V’baai
Die gedenksteen vir Lucas Maree op die rotse by Victoriabaai. Foto: Jackie Kruger

Die sanger Lucas Maree se suster, René Janse van Vuuren, sê sy wil Victoriabaai se inwoners om verskoning vra omdat sy ná sy dood ’n gedenksteen vir hom daar opgerig het.

Maree, wat onder meer bekend was vir sy trefferliedjie “Victoriabaai”, is in 2011 aan kanker dood. Die liedjie se woorde en ’n foto van hom kan onder meer op die gedenksteen op die rotse by die uitkykpunt gesien word. Sy as is ook by Victoriabaai gestrooi.

Janse van Vuuren sê sy het nie aan die gedenksteen as ’n grafsteen gedink nie.

“Die woorde van die liedjie is so mooi dat ek gedink het dit sou wonderlik wees om dit met Victoriabaai se vakansiegangers te deel.

“Ek het die ATKV gevra of hulle dalk sou belangstel om die gedenksteen te verwyder en aan te wend na goeddunke. Ek vra net ’n redelike sperdatum waarin ek kan reël dat die steen ongeskonde geskuif kan word.”

Volgens haar was die inisiatief om die gedenksteen daar op te rig haar eie, en het haar skoonsuster, Ilse Maree, (Lucas se vrou) en haar kinders geen aandeel in die besluit gehad nie. “My ouers en my broer se as is daar gestrooi. My broer het ‘Victoriabaai’ vir my ma geskryf, dus het dit vir my baie sentimentele waarde. Ek vra nogmaals om verskoning.”

My ouers en my broer se as is daar gestrooi. My broer het ‘Victoriabaai’ vir my ma geskryf, dus het dit vir my baie sentimentele waarde. Ek vra nogmaals om verskoning.

Mense het in 2019 reeds gekla dat die rotse in die see by Victoriabaai al hoe meer soos ’n “kerkhof” lyk weens al hoe meer gedenktekens en -stene vir afgestorwenes wat daar opgerig word, en kissies met as daarin wat op die rotse neergesit word.

Ander mense het weer gevoel die kissies en gedenktekens doen niemand skade nie.

Verlede week het die George Herald  berig belanghebbendes het in Desember ’n vergadering gehou waar daar besluit is dat daar gepoog moet word om die gedenktekens en kissies te verwyder.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.