Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Madonna samel geld in vir kinderhuis in Malawi

Binne ’n dag nadat die popster Madonna ’n geldinsamelingsveldtog vir Malawi begin het, het sy reeds byna ’n derde van die mikpunt ingesamel.

Die popster Madonna in Blantyre, Malawi. Die foto is op 16 Julie geneem. Sy vier eersdaags haar 60ste verjaardag. Foto: AP

Ter viering van haar 60ste verjaardag op 16 Augustus wil die sanger van treffers soos “Like a Virgin” $60 000 (sowat R788 000 vir ’n plattelandse kinderhuis in Malawi insamel.

Madonna het die veldtog op haar Facebook-blad aangekondig en sê sy kan aan geen beter verjaardaggeskenk dink as om “my wêreldfamilie in verbinding te bring met dié pragtige land en die kinders wat die hulp die nodigste het nie”.

Madonna en haar kinders. Van links is Lourdes, David, Mercy en Rocco. Voor is die tweeling Esther en Stella. Foto: Facebook/Madonna

Volgens Madonna sal elke sent wat ingesamel word regstreeks bestee word aan kos, skole, uniforms en gesondheidsorg.

Haar jongste inskrywing sê die fonds staan reeds op $18 920 (sowat R248 000).

Madonna het haar Raising Malawi-stigting in 2006 begin om gesondheids- en opvoedingsprogramme, veral vir meisies, te bied. In 2017 het sy die vierjarige Malawiese tweeling Esther en Stella aangeneem en ’n kinderhospitaal in Blantyre geopen.

Haar gesin sluit nog twee Malawiese kinders, David Banda en Mercy James, en twee biologiese kinders, Lourdes en Rocco, in.

KYK: Madonna doen die Malawi vastrap

Meer oor:  Malawi  |  Madonna
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.