Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Maurice Carpede is getroud!

Maurice Carpede, TV-persoonlikheid en omroeper van Smile 90.4 FM, het die naweek getrou met ’n vrou wat hy op Tinder ontmoet het.

Maurice en Amanda Carpede op hul troue. Foto: Instagram/Maurice Carpede

Die afgelope Saterdag was nie net spesiaal vir alle Springbok-ondersteuners nie, maar veral vir Carpede (52) en sy bruid, Amanda (44), wat in Somerset-Wes getrou het.

Maurice sê dit was ’n intieme troue met 110 gaste.

“Ons vriende en familielede het die dag saam met ons geniet. Daar was baie mooi oomblikke. Een wat die gaste beslis sal onthou was toe Amanda op pad na die kansel rondom ’n dam gestap het waar daar ’n paar eende saam geswem het soos sy loop,” sê Carpede.

Amanda en Maurice was vir sowat vyf jaar saam voordat hulle besluit het om te trou.

“Ons het mekaar op Tinder ontmoet toe ek pas in Kaapstad aangekom het. Die res is geskiedenis,” sê hy.

Amanda is bekend vir haar blog oor ’n natuurlike haarstyl wat syself ook met trots dra.

Carpede is bekend vir sy veelsydigheid in die vermaaklikheidsbedryf. Hy vertolk die karakter Waanie in die kykNET-sepie Arendsvlei, en was voorheen ’n platejoggie by Jacaranda 94.2 en ’n aanbieder op Pasella, Sweepslag en Kwêla.

Hy het in ’n inskrywing op Instagram gesê sy bruid het sy hart gesteel.

Hy beskryf Amanda as ’n ongelooflike mens. “Sy het ’n mooi hart en siel. Sy gaan altyd uit haar pad vir ander mense. Dis hoekom ek so lief is vir haar.”

Die Carpede-egpaar het in Somerset-Wes getrou. Foto: Instagram/Maurice Carpede
Smile 90.4 FM se gelukwensing aan Maurice Carpede en sy vrou, Amanda. Foto: Twitter

Hulle was albei Maandag weer terug by die werk en Carpede sê hulle sal dalk later op wittebrood gaan.

“Sy het weer die afgelope Saterdag my hart gesteel. Ek is lief vir jou mev. Carpede,” lui sy inskrywing op Instagram.

Op Twitter skryf Smile 90.4 FM: “Baie geluk aan Smile se omroeper, Maurice, en sy bruid ons gunsteling-guru van ’n natuurlike haarstyl, wat die naweek die knoop deurgehaak het. Ons wens julle ’n leeftyd van geluk en liefde toe.”

Meer oor:  Maurice Carpede  |  Tinder  |  Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.