Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
McCartney vertel dat hy, Lennon saam masturbeer

Paul McCartney het in ’n onderhoud erken dat hy en John Lennon in hul jonger dae saam met ’n groep seuns gemasturbeer het voor hulle wêreldroem gesmaak het as lede van die ikoniese musiekgroep, die Beatles.

Die Beatles op die kruin van hul gewildheid.Foto: GETTY IMAGES

Dié ontboeseming gee nuwe betekenis aan die liedjie “I Get by With a Little Help from My Friends” wat Lennon en McCartney in die sestigerjare geskryf het.

Volgens die Independent het McCartney aan die tydskrif GQ vertel hoe hy en John saam met drie ander seuns in ’n donker vertrek by Lennon se huis gemasturbeer het terwyl hulle name van aanloklike vroue van dié tyd, soos Brigitte Bardot, uitgeroep het.

“Ons het dit eenkeer, hoogstens twee keer gedoen. Nou kyk ’n mens terug en vra jouself af: ‘Het ons dit regtig gedoen?’ Dit het niemand enige leed aangedoen nie, nie eens Brigitte Bardot nie ” het die 76-jarige geskerts.

Attitude.co.uk berig dat McCartney ook in die onderhoud gesê het die naaste wat hy aan ’n orgie gekom het, was die keer toe die groep in Las Vegas getoer en hy by twee prostitute geslaap het. “Dit was ’n wonderlike ervaring maar ook die naaste wat ek ooit aan ’n orgie gekom het,” het hy gesê.

Die oud-Beatle het ook bespiegel dat ander lede van die groep in Las Vegas “in die aangrensende kamer dalk iets anders op die spyskaart bestel het”.

Meer oor:  Paul Mccartney  |  John Lennon  |  Celebs  |  Mastrubeer  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.