Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
McConaughey speel bingo saam met bejaardes

Die Amerikaanse akteur Matthew McConaughey het vir opwinding gesorg toe hy ’n virtuele bingo-aand vir bejaarde inwoners van Texas via Zoom aangebied het.

The Guardian berig  die 50-jarige akteur se ma, vrou en kinders was by hom terwyl hy syfers vir die geïsoleerde inwoners van die tehuis The Enclave in Round Rock uitgeroep het.

Hy het in ’n video op Twitter gevra vir eenheid tydens die Covid-19-pandemie, ’n “gesiglose, nierassige, nieseksistiese” vyand.

Volgens CBS News het inwoners by die tehuis McConaughey in September verlede jaar gevra om saam met hulle bingo te speel. Sondagaand, met ’n skoon skedule, kon hy saam met hulle speel.

Sbs News berig ná die bingospeletjie het hy vrae van inwoners beantwoord. Die vrae het onder meer gehandel oor sy herkoms en sy gunstelingdrankie.

“Dit was ’n wens wat waar geword het,” sê Molly Davis Nedley, ’n verkoopsdirekteur by die tehuis.

“Die inwoners was gek daarna om Matthew en sy gesin te sien en het dit geniet om hom te hoor praat oor wat hy doen om deur hierdie krisis te kom. Dit het hulle hoop gegee en was die hupstoot wat hulle nodig gehad het om deur dié eensame, uitdagende tyd te kom.”

 

Meer oor:  Matthew Mcconaughey  |  Bejaardes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.