Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Medester oor Spacey: ‘Ek het die man nie geken nie’
Robin WrightFoto: Joel Ryan/Invision/AP, File

Die aktrise Robin Wright van House of Cards-faam sê sy het nie regtig haar medespeler Kevin Spacey goed geken nie. Hulle was meer kollegas as wat hulle vriende was.

Wright het Maandag in ’n onderhoud met die Amerikaanse program Today vir die eerste keer in die openbaar gepraat sedert Spacey weens klagte van seksuele wangedrag uit dié gewilde Netflix-reeks verwyder is.

“Ons was eintlik maar net kollegas. Ons het nooit buite die werk met mekaar geassosieer nie.”

Spacey het die politikus Frank Underwood in die reeks gespeel en Wright vertolk die rol van sy vrou, Claire.

Die akteur Anthony Rapp was die eerste wat Spacey van seksuele aanranding beskuldig het toe hy in Oktober beweer het dat Spacey in 1986 (toe hy 14 jaar oud was) op ’n partytjie by hom aangelê het, berig CNN.

Kevin SpaceyFoto: Chris Pizzello/Invision/AP, File

Spacey het ná die aantygings ’n verklaring uitgereik waarin hy gesê het hy kan nie die voorval onthou nie, maar hy vra om verskoning vir “uiters onvanpaste dronkgedrag”.

In ’n ondersoek van CNN het personeel van die vervaardiger van House of Cards Spacey ook van seksuele teistering en in een geval seksuele aanranding beskuldig.

Netflix het daarna aangekondig dat hy nie met die reeks sal voortgaan indien Spacey aanbly nie.

Sedertdien het verskeie ander mans na vore gekom en Spacey van seksuele misdrywe beskuldig.

Wright sê sy het ook nog nie weer van haar voormalige medester gehoor nie en “weet nie eens hoe om hom te kontak nie”, berig Fox News.

“Ons het mekaar geken tussen die tonele wat verfilm word, waar ons sou giggel. Ek het nie regtig die man geken nie. Ek het hom geken as ’n ongelooflike vakman.”

Sy het ook beklemtoon dat Spacey nooit oneerbiedig teenoor haar was nie.

Wright sê sy was uit die veld geslaan deur die aantygings teen Spacey wat in Oktober 2017 aan die lig gekom het.

House of Cards het in Februarie 2013 op Netflix begin en die sesde seisoen word later vanjaar uitgesaai.

Meer oor:  Robin Wright  |  Kevin Spacey  |  Celebs  |  Seksuele Aanranding  |  House Of Cards  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.