Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meg se boetie wil genooi wees
Die Suits-aktirse Meghan Markle trou komende Saterdag met prins Harry. Haar vervreemde broer en suster gaan nie een van die 600 gaste by die by die troue wees nie. Foto: Karwai Tang/WireImage

’n Week gelede nog het Tom Markle in ’n ope brief sy toekomstige swaer, prins Harry, afgeraai om met sy suster, Meghan, te trou.

Maar nou het hy hom skynbaar bedink. In nóg ’n ope brief, dié keer aan sy suster, vra Tom haar om hom uit te nooi na Saterdag se koninklike troue.

In sy eerste brief aan prins Harry het Tom geen doekies omgedraai nie.

“Dit sal die grootste fout in die geskiedenis van koninklike troues wees as jy met my suster trou. Sy is nie die regte vrou vir jou nie. Sy is afgerem, vlak en aanstellerig en sy gaan ’n grap maak van jou en die koninklike familie,” het hy onder meer geskryf oor sy suster wat in die TV-reeks Suits gespeel het.

Sy irritasie met sy beroemde suster spruit vermoedelik juis uit die feit dat hy nie na die troue genooi is nie.

Meghan Markle se vervreemde broer Tom Markle jr.

Dit is totaal belaglik, het hy geskryf, dat sy nie haar eie familie na die troue nooi nie, maar wel ’n klomp vreemdelinge.

“ ’n Mens sou dink ’n koninklike troue sou ’n gebroke familie nader aan mekaar bring, maar ek skat Meghan het besluit om haar van ons te distansieer,” skryf hy.

Op 3 Mei, ’n dag nadat die eerste brief geskryf is, is hy meer versoenend in ’n opvolgbrief.

“Beste Meg, dit is waar dat ons uitmekaar gedryf het. Maar ons bly familie. Ons het goeie herinneringe saam. Dit maak seer dat jy van ons vergeet het . . .” skryf hy.

Hy vertel ook van dae saam met hul ouma Markle en hoe gelukkig sy was wanneer Meghan vir haar gelees het.

“Ek weet ons is nie perfek nie, maar geen familie is perfek nie . . . Ons behoort daar te wees. Dis nie te laat nie,” skryf hy en voeg by dat hy trots is op haar.

Hy vra ook om verskoning vir die brief wat hy aan prins Harry geskryf het en sê hy wens hulle net die beste toe.

Hy is genoem na hul pa, Tom Markle sr., wat na verwagting Saterdag aan sy dogter se sy sal wees wanneer sy in die St. George-katedraal kansel toe stap.

Haar ma, Doria Radlan, sal ook daar wees, maar Meghan se halfsuster, Samantha Grant, is nie een van die 600 genooide gaste nie.

Volgens bronne na aan die paartjie het hulle die gastelys beperk tot mense met wie hulle direkte verhoudings het. Bekendes soos die tennisspeler Serena Williams en Meghan se Suits-medesterre, Sarah Rafferty en Patrick J Adams, is ook genooi.

Bron: www.telegraph.co.uk; www.intouchweekly.com

Die Suits-aktrise Meghan Markle trou eerskomende Saterdag met prins Harry. Foto: Getty Images
Meer oor:  Meghan Markle  |  Koninklike Troue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.