Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan amper so ongewild soos Andrew - peiling

Meghan, hertogin van Sussex, is volgens ’n nuwe peiling amper net so ongewild soos koningin Elizabeth se seun prins Andrew.

Andrew, wie se vriendskap met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein soos ’n slegte reukie in die paleisgange hang, geniet slegs ’n positiewe siening onder 12% van die 1 005 respondente – en dit van mense bo 65.

Meghan is deur 28% van dié ouderdomsgroep se respondente in ’n negatiewe lig gesien. In die ouderdomsgroep 18 tot 24 jaar was daar heelwat meer simpatie vir die hertogin, met 66% van die respondente wat haar in ’n positiewe lig sien.

Daarenteen geniet Catherine, hertogin van Cambridge en vrou van prins William, die steun van 67% van die respondente teenoor Meghan se 41%.

Prins William klop ook sy jonger broer, Harry, met ’n gunstige 71% teenoor Harry se 57%.

Die peiling  is vir die gratis dagblad Metro gedoen, wat op die Britse moltreinstelsel versprei word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.