Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan besing Harry se lof op sy verjaardag

Meghan, die hertogin van Sussex, het 'n nuwe foto van prins Harry, hertog van Sussex, en hul baba Archie Sondag op Harry se 35ste verjaardag gedeel.

Dit is deel van 'n fotocollage van die prins wat Meghan saamgestel het en op die egpaar se amptelike Instagramblad, Sussex Royal, geplaas het.

By die collage skryf Meghan: "Jou diens aan die sake waaroor jy so diep omgee inspireer my elke dag. Jy is die beste eggenoot en die wonderlikste pa vir ons seun. Ons is lief vir jou. Gelukkigste verjaarsdag".

Die foto van die egpaar en hul baba is geneem op Archie se doop in Julie vanjaar. Hy is op 6 Mei gebore.

Die ander foto's wys Harry deur die jare; die eerste een is van hom as baba saam met sy ma, prinses Diana.

meghan
Die Sussex Royal Instagramblad het 'n plakkaat van Harry vir sy 35ste verjaarsdag gedeel. Foto: Instagram/ Sussex Royal

Meer oor:  Verjaarsdag  |  Archie  |  Meghan Markle  |  Harry  |  Meghan  |  Engeland  |  Sussex  |  Koninklike Familie  |  Sussex Royal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.