Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan gaan praat oor geweld teen vroue in SA
Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex. Hul toer na Suid-Afrika begin Maandag. Foto: Getty Images

Meghan, hertogin van Sussex, sal tydens haar en prins Harry se besoek aan Suid-Afrika praat oor geweld teen vroue, berig MailOnline.

Daar is verwag dat Meghan dié onderwerp sal aanraak, veral gesien in die lig van pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Donderdag van ’n noodplan om die geweld teen veral vroue en kinders in die land aan te pak.

Die hertogin, wat op 11-jarige ouderdom reeds ’n brief aan ’n seepvervaardiger geskryf het omdat sy hul TV-advertensies as seksisties beskou het, is bekend daarvoor dat sy ’n aktivis vir vroueregte is. (Die seepvervaardiger het kort ná ontvangs van haar brief die advertensie gewysig).

Die prins en sy vrou sal na verwagting reeds Sondag in Kaapstad aankom. Hul eerste verpligtinge is Maandagoggend in Khayelitsha waar hulle ’n organisasie gaan besoek waar jong meisies onder meer selfverdediging geleer word.

Tydens ’n solo-besoek Woensdag aan die Woodstock Exchange in Kaapstad sal Meghan ook vroue-entrepreneurs ontmoet.

Meghan se passie vir vroue- en kinderregte is alombekend. Sy was voor haar huwelik reeds ’n ambassadeur vir die Verenigde Nasies se kinderfonds, Unicef. As lid van die Britse koningshuis gebruik sy juis haar posisie om te fokus op die regte van vroue, kinders en gemeenskappe.

Met haar en prins Harry se toer verlede jaar in Oktober na Nieu-Seeland het sy ook ’n passievolle toespraak oor vroueregte gelewer. In Fidji het sy weer oor die belangrikheid van onderwys gepraat, ’n toespraak wat haar vervreemde pa, Thomas Markle, die harnas in gejaag het omdat Meghan volgens hom nie self vir haar tersiêre onderrig betaal het nie, maar wel hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.