Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan & Harry: 10 groot onthullings uit hul onderhoud

Hier is die tien mees onthullende aanhalings uit prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, se eksklusiewe en omstrede onderhoud, wat Maandagoggend vroeg (Suid-Afrikaanse tyd) op CBS in Amerika uitgesaai is.

Die volledige onderhoud, waarin die paartjie Oprah Winfrey toegelaat het om hulle enigiets te vra, is Maandag om 19:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) in Suid-Afrika te sien.

’n Stralende Meghan, hertogin van Sussex, en prins Harry kom op 5 Maart verlede jaar by die Endeavour-prystoekenningsaand in Londen aan. Foto: Reuters
Ek wou nie meer lewe nie. Ek was skaam om dit te verwoord en skaam om dit aan Harry te erken. Maar ek het besef as ek dit nie sê nie, sou ek dit doen. Ek wou eenvoudig nie meer lewe nie. Dit was ’n duidelike, werklike, vreesaanjaende en alomteenwoordige gedagte.
Meghan oor haar selfdoodgedagtes


Prins Harry het Meghan op 25 September 2017 by die Invictus Spele in Toronto, Kanada, as sy nuwe meisie bekend gestel nadat hulle mekaar in Junie dié jaar op ’n afspraak in Londen ontmoet het. Foto: Reuters
Dit het gevoel asof ek ’n gevange is. En so ook my familie. My pa en broer is ook soos die res van my familie in die stelsel vasgevang. Hulle het nie die keuse om weg te stap nie. Ek het geweldige empatie daarmee.
Prins Harry


Oprah Winfrey (met haar rug na die kamera) in gesprek met Harry en Meghan. Sy het Meghan reeds in die maande voor hul troue op 19 Mei 2018 in Windsor, Brittanje, gebel en gevra vir ’n onderhoud. Meghan het toe geantwoord dat sy nie destyds so ’n onderhoud kan toestaan nie, maar dit op die “regte tyd” sal doen. Foto: Reuters
Ek is baie bewus van die feit hoe bang my familie (vir die Britse poniepers) is en dat die poniepers hul rug op hulle kan draai.
Prins Harry


Die onderhoud met prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, is ’n pluimpie vir Oprah Winfrey. Sy en Harry het voorheen aan ’n program oor geestesgesondheid saamgewerk. Foto: Reuters
Groter as enige sprokiesverhaal wat jy nog gelees het. Ek dink Harry het ons almal gered. Hy het uiteindelik die besluit geneem. ’n Besluit wat my lewe en almal van ons se lewe gered het. Maar jy moet bereid wees om gered te word.
Meghan


27 November 2017: ’n Trotse prins Harry stel sy verloofde, Meghan Markle, buite Kensingtonpaleis in Londen aan die media bekend. Foto: WireImage
Ek het nog altyd gewerk. Ek het nog altyd waarde aan onafhanklikheid geheg. Ek het my so lank daaraan gewy dat vroue hul stem kan gebruik. En toe swyg ek.
Meghan


Die voorblad van die Britse 'Evening Standard' die dag toe prins Harry sy verlowing aan Meghan Markle amptelik aangekondig het. Foto: Reuters
Dit is regtig moeilik om te verstaan, nè?
Meghan se antwoord op Oprah Winfrey se vraag of daar kommer was oor hoe donker Archie se velkleur sou wees.


Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, is op 19 Mei 2018 in die St. George-katedraal in die Windsorkasteel getroud. Die twee was glo baie gespanne voor die troudag en daar was glo ’n onderonsie met Angela Kelly, koningin Elizabeth se stilis en modeontwerper, oor watter tiara Meghan vir die troudag wou dra. Foto: Reuters
Ek is spyt ek het hulle (Buckinghampaleis) geglo toe hulle gesê het ek sal beskerm word.
Meghan


Die eerste ordentlike openbare verskyning van hul eersteling, Archie Mountbatten-Windsor, was op 25 September 2019 toe prins Harry en Meghan die kleinding saamgebring het op hul toer na Suider-Afrika. Archie is op dié dag aan emeritus aartsbiskop Desmond Tutu, Suid-Afrika se eie ‘Arch”, bekend gestel. Foto: Reuters
Daardie gesprek gaan ek nooit deel nie. Ek is nie gemaklik om dit te deel nie.
Harry oor wie van die familie met hom oor Archie se velkleur gepraat het.


’n Foto wat soveel sê: Prins Charles en sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall, stap voor prins William en sy vrou, Catherine, hertogin van Cambridge, uit Westminster-abdy in Londen ná die spesiale diens wat ter ere van die Statebond gehou is. ’n Nors prins Harry en glimlaggende Meghan, hertogin van Sussex, stap agter William en Catherine. Dit was die Sussexe se laaste verskyning saam met ander senior lede van die koninklike familie. Foto: Reuters
Daar is heelwat om te verwerk. Hy is deur iets soortgelyks. Hy weet wat pyn is. En Archie is sy kleinseun. Ek sal hom altyd liefhê, maar daar is nog baie pyn oor wat gebeur het.
Harry oor sy pa, prins Charles.


Prins Harry het op 7 Maart verlede jaar die laaste keer in uniform as ’n senior koninklike verskyn toe hy en Meghan die Mountbatten-musiekfees in die Royal Albert Hall in Londen bygewoon het. Die koningin het alle eretitels wat aan hom in die Britse weermag toegeken is, teruggetrek nadat hy en Meghan besluit het om as senior werkende lede van die familie terug te staan. Foto: Reuters
My familie het in die eerste helfte van 2020 hul finansiële bande met my gebreek. Ek het wat my ma my nagelaat het. Ek dink my ma het dit gesien kom. En ek het deur die hele proses my ma se teenwoordigheid gevoel.
Harry


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.