Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan Markle se halfsuster breek haar enkel
Meghan Markle en prins Harry in April 2018. Foto: Getty

Meghan Markle se halfsuster het uitgevaar teen die koninklike familie omdat hulle nie haar pa gehelp het nadat hy 'n hartaanval gehad het nie. Sy sê sý moes vir hom geld stuur, berig Mailonline.

Samantha Markle het haar mond uitgespoel net nadat sy Woensdag in 'n motorongeluk haar enkel gebreek en 'n knie gekraak het.

Die ongeluk waarin Samantha beseer is, het gebeur toe sy en haar kêrel deur paparazzi gepla is terwyl hulle in die Amerikaanse deelstaat Florida gery het, berig TMZ.

'n Fotograaf het voor hulle ingery en hulle het in 'n sementversperring vasgery om 'n botsing te vermy, het ene Mark aan TMZ gesê.

Samantha het by haar broer, Thomas Markle jr., aangesluit in sy kritiek teen die paleis en gesê sy moes vir haar pa, ook Thomas (73), ná sy hartoperasie geld stuur sodat hy kan oorleef.

Dit was in die weegskaal of Meghan se pa haar troue Saterdag sou bywoon en dit het Woensdag geblyk dat dit nie moontlik is nie omdat hy 'n hartoperasie moes ondergaan nadat hy vroeër 'n hartaanval gehad het.

Meer oor:  Koninklike Troue  |  Meghan Markle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.