Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan Markle praat oor miskraam

Sy het haar eersteling, Archie, in haar arms vasgehou en ’n wiegeliedjie vir hom geneurie terwyl sy besig was om haar tweede kind te verloor.

Meghan, die hertogin van Sussex, skryf in ’n meningstuk wat Woensdag in The New York Times gepubliseer is, dat sy in Julie ’n miskraam gehad het.

“Dit was ’n oggend in Julie wat nes enige ander gewone dag begin het: Maak ontbyt. Voer die honde. Neem vitamiene. Kry daardie vermiste sokkie. Tel die stukkie kryt op wat onder die tafel ingerol het. Maak my hare in ’n bokstert vas voordat ek my seun uit sy wiegie haal.”

Meghan en haar eersteling, Archie. Foto: Getty Images

Sy skryf nadat sy Archie se doek omgeruil het, het sy ’n skerp kramp gevoel.

Meghan het met Archie in haar arms tot op die vloer gesak. Sy het ’n wiegeliedjie begin neurie om hulle albei kalm te hou.

Maar sy het geweet iets is nie reg nie.

“Ek het geweet, terwyl ek my eersteling vasgehou het, dat ek my tweede kind gaan verloor.”

Ure later het sy in ’n hospitaalbed gelê en haar man, prins Harry, se hand vasgehou. Sy het gevoel hoe klam Harry se hand was en sy kneukels gesoen.

Harry se kneukels was nat van hul albei se trane.

Meghan, hertogin van Sussex, en haar man, prins Harry. Foto: Reuters

“Ek het na die koue, wit muur gestaar en my oë het wasig geword. Ek het my probeer indink hoe ons hiervan sou genees.”

Meghan sê sy het aan ’n oomblik gedink toe sy verlede jaar in Suid-Afrika was. Die toer was pas verby en sy was moeg. Sy het Archie nog geborsvoed, maar kon nie in die openbaar wys hoe uitgeput sy is nie.

Toe die joernalis Tom Bradby haar vra of sy oukei is, het sy eerlik geantwoord hoe sy voel. Dié onderhoud was deel van Bradby se dokumentêr oor die egpaar, Harry and Meghan: An African Journey.

“Terwyl ek in die hospitaalbed gesit en kyk het hoe my man se hart breek, terwyl hy die gebroke stukkies van my hart vasgehou het, het ek besef daar is net een manier om die helingsproses te begin, en dis om eers te vra: Is jy oukei?”

Meghan en Harry was op 8 November by die nasionale begraafplaas in Los Angeles in Amerika. Foto: Getty Images

Meer oor:  Archie  |  Meghan Markle  |  Prins Harry  |  Sussex  |  Amerika  |  Engeland  |  Hertog  |  Geboorte  |  Koninklike Familie  |  Baba  |  Hertogin  |  Prins  |  Miskraam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.