Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan se halfsuster vaar uit oor paartjie se besluit

Samantha Markle, halfsuster van Meghan, hertogin van Sussex, het Donderdag uitgevaar teenoor haar vervreemde suster en haar swaer, prins Harry.

Samantha het op die nuus van Meghan en prins Harry se uittrede gereageer en sê dit kan as ’n klap in die gesig van die ander koninklikes beskou word, berig die Daily Mail.

Die briesende Samantha sê dit is ’n groot teleurstelling vir al die partye wat betrokke is. Sy glo Meghan en prins Harry het ’n plig teenoor die koninklike familie en hulle moet dus by die belofte hou om hul koninklike pligte na te kom. Sy glo vas die twee het nie die besluit goed oorweeg nie.

Sedert prins Harry en Meghan se verlowing in 2017 het Samantha gereeld inligting oor haar gebroke familie op sosiale media gedeel.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - SEPTEMBER 23: (UK OUT FO
Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, tydens hul besoek aan Kaapstad. Foto: WireImage

Volgens The New Zealand Herald sê Samantha die wêreld dink dalk sy is jaloers op Meghan, maar sy is eerlik as sy sê diplomate gedra hulself nie soos Meghan haar gedra nie. Dit het glo gekom nadat Samantha na Meghan uitgereik het, maar sy niks met haar te doen wou hê nie.

Meghan is ook vervreem van haar pa, wat nie haar troue in 2018 bygewoon het nie. Hy het glo toe ná ’n hartoperasie aangesterk. Volgens gerugte het hy prins Harry nog nie eens ontmoet nie.

Die Daily Mail het verder gesê die koningin en ander lede van die koninklike familie is blykbaar omgekrap oor die besluit van prins Harry en Meghan. Hulle is glo seergemaak dat die twee besonderhede van hul persoonlike lewe in ’n openbare verklaring uiteengesit het.

Hoewel prins Harry en Meghan sê hul gaan hul tyd tussen Kanada en Brittanje verdeel, beoog Samantha nie om haar verhouding met haar halfsuster te herstel nie, luidens die Post of Asia. – Verwerk deur Joshwin Sampson


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.