Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan se klerereeks vir Smart Works beskikbaar

Die klerereeks van Meghan, die hertogin van Sussex, vir die liefdadigheidsorganisasie Smart Works sal oor twee weke te koop wees.

Sussex Royal het dié nuus Donderdag op sy Instagram-blad aangekondig en foto’s van Meghan gedeel.

Meghan, die hertogin van SussexFoto: Instagram/ Sussex Royal

Sy is die beskermvrou van Smart Works, wat help om vroue werkgereed te kry deur hulle met die nodige vaardighede toe te rus en klere beskikbaar te stel.

Sussex Royal sê Meghan het saam met Smart Works, Jigsaw, John Lewis & Partners, Marks & Spencer en haar vriendin Misha Nonoo gewerk om ’n klerereeks vir dié vroue te skep.

Die span het vyf klassieke kledingstukke in die reeks geskep sodat vroue hul werk met selfvertroue kan aanpak.

In ’n inskrywing van Meghan wat Sussex Royal gedeel het, sê sy sedert sy in die Verenigde Koninkryk woon, is dit vir haar “verskriklik belangrik” om gemeenskappe en organisasies wat op voetsoolvlak werk te ontmoet en te ondersteun.

Volgens haar is dit opwindend om die klerereeks te vier omdat dit vroue is wat vroue steun. Sy sê die gemeenskappe het saamgewerk om iets groots tot stand te bring.

Die hertogin het die vier handelsname uitgesonder wat saamgestaan het sodat die projek bo wedywering uitstyg.

Die klerereeks, wat ’n hemp, broek, baadjie, rok en handsak insluit, sal oor twee weke ten bate van Smart Works verkoop word.

View this post on Instagram

Last month, The Duchess of Sussex surprised Smart Works clients during the capsule collection shoot in west London...Today, The Duchess, alongside @SmartWorksCharity - in partnership with @InsideJigsaw, @JohnLewisandPartners, @MarksandSpencer and @MishaNonoo - are incredibly proud to reveal to everyone, #TheSmartSet - a five piece capsule collection that will equip the Smart Works clients with the classic wardrobe pieces to help them feel confident as they mobilise back into the work space. • “Since moving to the UK, it has been deeply important to me to meet with communities and organisations on the ground doing meaningful work and to try to do whatever I can to help them amplify their impact. It was just last September that we launched the ‘Together’ cookbook with the women of the Hubb Kitchen in Grenfell. Today, a year later, I am excited to celebrate the launch of another initiative of women supporting women, and communities working together for the greater good. Thank you to the four brands who came together in supporting Smart Works on this special project - placing purpose over profit and community over competition. In convening several companies rather than one, we’ve demonstrated how we can work collectively to empower each other - another layer to this communal success story, that I am so proud to be a part of” - The Duchess of Sussex The collection – which features a shirt, trousers, blazer, dress and tote bag – will be on sale for two weeks starting today, with the objective of selling enough units to give Smart Works the essentials they need to help dress clients for the coming year! For every item bought during the sale of the collection, one will be donated to Smart Works, this 1:1 model allows customers to directly support the Smart Works women by playing a part in their success story - how they look and more importantly, how they feel. Photo © @JennyZarins

A post shared by The Duke and Duchess of Sussex (@sussexroyal) on

Meer oor:  Meghan Markle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.