Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan se ma neem ‘ouma-lesse’

Aangesien prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, geen geheim daarvan maak nie dat hulle graag met ’n gesin wil begin, is dit geen verrassing nie dat haar ma, Doria Ragland, glo lesse neem om ’n baba te versorg.

Doria, ’n welsynwerker en joga-instrukteur, het onlangs uit haar werk bedank en kry glo in haar huis in Los Angeles lesse om babas te versorg, berig Daily Star.

Meghan en haar na, Doria Ragland, die aand voor haar troue op 19 Mei vanjaar in Windsor. Die twee het die nag voor die troue in die luukse Cliveden House-hotel naby Windsor tuisgegaan. Foto: Getty Images

Die poniekoerant berig Doria neem die lesse om haar dogter te help sodra sy en Harry kinders kry. Sy kry die lesse om privaatheidsredes in haar huis.

Die kobaltblou skemerkelkrok wat Meghan verlede week aangehad het, het tot gissings gelei dat sy dalk al swanger is. Daar was egter kort ná die twee se troue in Mei reeds bespiegelings oor ’n swangerskap.

Doria sal nie die eerste ouma wees wat hand bysit met koninklike babas nie. Carole Middleton, ma van Catherine, hertogin van Cambridge en Meghan se skoonsus, sit gereeld hand by met prins George, prinses Charlotte en prins Louis.

Doria en haar dogter het ’n hegte verhouding en daar was al sprake daarvan dat sy binnekort na Brittanje kan verhuis om nader aan Meghan te wees.

Doria, wat beskou word as die enigste persoon wat die onmin tussen Meghan en haar pa, Thomas Markle sr., kan beredder, het in Augustus in die Britse somervakansie by haar dogter en prins Harry gaan kuier, berig Daily Mail. Sy het juis gekom om haar dogter te ondersteun terwyl Markle in onderhoud ná onderhoud mond uitgespoel het oor sy dogter, Harry en selfs koningin Elizabeth.

Doria het stil-stil in Brittanje aangekom en saam met Meghan en Harry in hul plattelandse huurwoning in die Great Tew Estate in die Cotswolds in Oxfordshire deurgebring.

Dis waar Harry en Meghan weg van die kollig kan ontspan en waar Meghan kan vir hulle maaltye in die ruim kombuis kan, berig Daily Mail.

Hulle besoek gereeld ’n plaaslike kuierplek waar hulle knus in ’n privaat hoekie kan kuier met hul lyfwagte by ’n tafel neffens hulle.

Harry en Meghan het hul koninklike verpligtinge einde Augustus ná ’n blaaskans van vier weke hervat.

Hulle onderneem in Oktober hul eerste oorsese toer na onder meer Nieu-Seeland, Australië, Fidji en Tonga.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.