Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan se pa gereed om haar in hof te sien

Thomas Markle, pa van Meghan, hertogin van Sussex, sal dit verwelkom om sy vervreemde dogter van aangesig tot aangesig in die hof te sien. Hy beweer dat sy en prins Harry koningin Elizabeth van Brittanje seergemaak het deur só onverwags van hul koninklike pligte afstand te doen.

Dit kom nadat Harry en Meghan vroeër vandeesmaand toestemming gekry het by die koningin om afstand te doen van hul posisie as senior koninklikes en vir hulle ’n nuwe rol buite die paleis te skep wat hulle hopelik finansieel onafhanklik sal maak.

Markle was op die Britse TV-program Good Morning Britain baie uitgesproke oor die afgelope tyd se gebeure. “Ek dink hulle het die koningin seergemaak. Ek dink hulle het die koninklikes seergemaak – en dit werk eenvoudig nie,” het hy gesê.

“Die besluit om van die koningsgesin weg te breek is baie verwarrend. Ek dink niemand verstaan dit of kan uitwerk hoe dit gebeur het of hoekom dit gebeur het nie. Dit maak nie sin nie,” het Markle gesê.

Hy het gesê TV-onderhoude is die enigste manier waarop hy met Meghan kan kommunikeer.

Sy het nog nooit op die vervreemding tussen haar en haar pa kommentaar gelewer nie, maar vriende van haar het verlede jaar aan die tydskrif People gesê Markle het nog nie probeer om met Meghan kontak te maak nie en dít het haar verpletter.

Markle het die paartjie se spogtroue in Mei 2018 weens gesondheidsprobleme misgeloop en hulle is sedertdien vervreem. Volgens hom het hy Harry of sy kleinseun, Archie, nog nooit ontmoet nie.

Hulle mag mekaar dalk sien wanneer Markle as getuie geroep word in die hofgeding wat Meghan teen The Mail on Sunday aanhangig gemaak het. Sy dagvaar die Sondagblad en sy uitgewers oor die publikasie van ’n brief wat sy aan haar pa gestuur het, en voer aan dat haar kopiereg en menseregte geskend is.

“As dit daarop neerkom dat ons mekaar in die hof sien, sal dit wonderlik wees. Ten minste sal ek hulle uiteindelik kan sien, maar ek wil nie in ’n tweestryd met hulle gewikkel wees nie.”

Hy voeg by dat hy die Mail on Sunday gevra het om sy dogter se brief te publiseer.

Markle het op GMB gesê hy mis sy dogter en dat hy lief is vir sy kleinseun, en hy is seker dat hy van Harry sal hou (wanneer hy hom ontmoet).

Op die vraag wat hy nou vir Harry sou sê as hy hom sou ontmoet, het hy geantwoord: “Wees ’n man en kom spreek my.”

Markle woon in Mexiko waar hy ná ’n suksesvolle loopbaan as ’n kameraman afgetree het. Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.