Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan soos Diana gejag – George Clooney

Meghan, hertogin van Sussex, word net soos haar oorlede skoonma gejag en verguis, sê die Hollywood-superster George Clooney.

George ClooneyFoto: Getty Images

Clooney sê daar word op dieselfde wyse jag gemaak op Meghan soos daar destyds met haar skoonma, die ontslape Diana, prinses van Wallis, gedoen is, berig die tydskrif Hello!

Hy het spesifiek verwys na die publisering van die brief wat Meghan in Augustus aan haar pa, Thomas Markle, geskryf het.

Uittreksels van die brief is Sondag in die Mail on Sunday gepubliseer. In die brief vra Meghan haar pa om sy onderhoude met die media te staak. Sy sê ook sy optrede breek haar hart in duisende stukke.

Markle het sy optrede regverdig deur te sê hy reageer bloot op die onderhoud wat die vermaaklikheidstydskrif People verlede Woensdag gepubliseer het. In dié onderhoud het vyf van Meghan se beste vriendinne hul hart oopgemaak oor hoe hulle vrees die “emosionele trauma” van die onmin met haar pa kan nadelig vir Meghan en haar ongebore baba wees.

Meghan, hertogin van Sussex. Foto: Getty Images

Clooney, is vriende met Meghan en prins Harry. Hy en sy vrou, Amal, die menseregteprokureur, het ook hul troue bygewoon. Clooney sê almal weet hoe Diana se storie geëindig het. Hy sê dit is erg frustrerend om toe te kyk hoe ’n brief tussen ’n pa en sy dogter gepubliseer word.

LEES OOK:

Pa breek Meghan se hart 'in duisend stukkies'

Die paparazzi-aanslag op Diana was só intens dat sy vier jaar voor haar dood haar uittrede uit die openbare oog aangekondig het. Sy het tydens ’n toespraak by ’n liefdadigheidsgeleentheid gevra vir “tyd en ruimte” en ook baie van haar pligte as beskermvrou laat vaar.

Diana is die nag van haar dood op 31 Augustus 1997 deur ’n groep steelfotograwe agtervolg nadat sy en haar minnaar, Dodi al-Fayed, van die Ritz-hotel in Parys na sy woonstel in die Champs-Élysées wou reis. Die bestuurder van die motor waarin Diana-hulle was, Henri Paul, het die fotograwe probeer ontglip toe Paul teen die 13de pilaar van die Alma-tonnel in Parys gebots het. Hy en Al-Fayed is opslag dood. Diana is ernstig beseer en is ure later in die hospitaal dood. Die lyfwag, Trevor Reece-Jones, het oorleef, maar kan weens geheueverlies nie veel van die ongeluk onthou nie.

Meer oor:  George Clooney  |  Meghan Markle  |  Celebs  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.