Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Meghan ‘vlug’ na Kanada, los Harry in Brittanje

Meghan, die hertogin van Sussex, het haar man, prins Harry, in Brittanje agtergelaat en teruggegaan na Kanada nadat ’n bom oor hul kop gebars het omdat hulle wil wegbreek van die koninklikes.

Harry en Meghan het dié aankondiging Woensdagaand gedoen nadat die Britse poniekoerant The Sun in ’n eksklusiewe artikel onthul het dat die twee planne beraam om as senior lede van die koninklike gesin uit te tree.

Enkele ure nadat die artikel verskyn het, het Harry en Meghan ’n aankondiging op Instagram gedoen dat hulle finansieel onafhanklik wil word.

Buckingham-paleis het hierna in ’n baie kort verklaring gesê dat dié besprekings in ’n vroeë stadium is en dat dit tyd gaan neem omdat dit baie gekompliseerd is.

Bronne het tóé onthul dat die koninklike gesin seergemaak voel omdat Harry en Meghan hul besluit glad nie met die familie bespreek het nie.

Verskeie bronne het egter intussen berig Meghan is terug na Kanada nadat Harry en Meghan hul Desembervakansie in Kanada deurgebring het.

e-Online berig Meghan is reeds in Kanada nadat sy net drie dae in Engeland was en hul seun, Archie Harrison Mountbatten-Windsor, was nooit saam met sy ouers terug na Engeland nie. Hy het by Meghan se beste vriendin, Jessica Mulroney, en ’n oppasser in Kanada agtergebly.

’n Bron het aan The Sun gesê Meghan het Archie in Vancouver gelos omdat sy Brittanje net gaan “besoek” het.

The Sun berig Harry bly vir eers in Londen om sy ouma, koningin Elizabeth, sy pa, prins Charles, en sy broer, William die hertog van Cambridge, oor hul besluit te spreek.

“Sy wil teruggaan ‘huis toe’ na Archie,” sê die bron.

Die BBC berig daar is opdrag gegee dat senior personeel in die koninklike familie met die Sussex-paartjie en die regering moet saamwerk sodat hulle binne dae ’n oplossing vir Harry en Meghan se besluit kan vind.

Nadat Harry en Meghan aangekondig het dat hulle wil uittree, het die hutswoord #Megxit internasionaal ’n besprekingspunt geword.


Meer oor:  Meghan En Harry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.