Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Mej. Heelal se stilis praat oor haar styl
Mej. Suid-Afrika en nou ook Mej. Heelal 2019, Zozibini Tunzi (26), saam met haar stilis, Werner Wessels. Foto: Instagram/Werner Wessels

Toe Suid-Afrika se Zozibini Tunzi (26) met haar unieke Afrika-style en ’n natuurlike, kort haarkapsel as Mej. Heelal gekroon is, het dit deure vir jong Suid-Afrikaanse meisies van kleur geopen, sê haar stilis, Werner Wessels.

Tunzi, wat kom uit Tsolo in die Oos-Kaap, is Maandag net ná 05:00 Suid-Afrikaanse tyd by die Tyler Perry-ateljee in Atlanta, Georgia, as Mej. Heelal gekroon. Sy was geklee in ’n goudgekleurde en blou Biji Gibbs-skepping.

Tunzi het met vroue van 89 lande om dié titel meegeding. Mej. Puerto Rico, Madison Anderson, was tweede.

Sy is die derde Suid-Afrikaner wat dié kroon dra. Margaret Gardiner was in 1978 Mej. Heelal en Demi-Leigh Nel-Peters in 2017.

Die oomblik toe Zozibini Tunzi (26) as Mej. Heelal 2019 gekroon is.

Tunzi het voorheen al gesê sy hoop om ander mense te inspireer. “Ek het grootgeword in ’n wêreld waar vroue wat soos ek lyk, met my soort vel en met my soort hare, nooit as mooi beskou is nie,” sê Tunzi.

Wessels wat saam na Atlanta is om haar te ondersteun, sê hulle het probeer om outentiek met haar voorkoms te bly en wou dit nie verander nie.

“Dit is haar sterk punt. Dit is wat haar laat uitstaan. Ons het gesê ons gaan nie vir die gehoor speel nie, maar ons gaan speel met wie sy werklik is.”

“Dit is wat so ’n indruk gemaak het en wat my baie, baie trots maak. Ek het elke stukkie van haar kultuur in haar stilering probeer sit, in hoe sy haarself uitgedra het.”

Hy sê die doel was om Afrika en Suid-Afrika regdeur die kompetisie deur haar kleredrag, grimering en hare te verteenwoordig.

“Gisteraand is daar ’n deur oopgemaak en ek is so dankbaar daarvoor. Ek het sommer ’n paar keer bewoë geraak ná die kroning toe ek besef wat dit vir jong Suid-Afrikaanse meisies beteken. Dat geen meisie van kleur ooit weer kan sê sy hoort nie op so verhoog nie,” sê Wessels.

“Dit is wat Zozi se wen vir hulle gedoen het. Die feit dat ek ’n aandeel daarin kon hê, is seker een van die oomblikke in my loopbaan waarop ek die trotsste voel en kan wees.”



Meer oor:  Werner Wessels  |  Zozibini Tunzi  |  Styl  |  Mej. Heelal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.