Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Mej. Planeet hou kroon nou langer weens virus
Monique Best, Mej. Planeet 2019, onlangs in Sandton by ’n projek van Reik na ’n Droom. Foto: Verskaf

Die kroning in Mei van die opvolger van Monique Best (20), die huidige Mej. Planeet Internasionaal, in Kambodja is vir eers weens die Covid-19-pandemie uitgestel.

Pedro Francisco, uitvoerende hoof van Mej. Planeet Internasionaal, sê verskeie aktiwiteite is reeds begin vanjaar in China, Amerika en Europa gekanselleer weens die virus. Die nuwe Mej. Planeet Internasionaal sou op 9 Mei in Kambodja gekroon word.

Best, van George, sal nou vir eers die kroon dra totdat haar opvolger aangewys word.

Francisco sê onder leiding van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sal lande voorkomingsmaatreëls vir die virus kan toepas, maar hulle is bekommerd omdat baie lande nie toegang tot veilige drinkwater het nie.

“Ons bewonder Monique vir haar ’n rivierskoonmaak-projek omdat sy bekommerd was dat almal nie toegang tot skoon drinkwater het nie. Die projekte wat sy aangepak het, is alles in ooreenstemming met die doelwitte van volhoubare ontwikkeling wat deur die Verenigde Nasies (VN) voorgestaan word.”

Best, wat tans in Suid-Afrika is, het onlangs kinderharte verbly gedurende die organisasie Reik na ’n Droom se koningin vir ’n dag-projek in Sandton, Johannesburg. Sy het onder meer ’n bederfsessie vir meisietjies met lewensbedreigende siektes by die Maslow-hotel hier meegemaak.

“Ek het hulle onder meer gewys hoe dit is om as ’n model op ’n loopplank te loop. Hulle het toe op ’n rooi tapyt geloop en ek het hulle ‘gekroon’. Dit was ’n spesiale dag en ’n wonderlike ervaring,” sê sy.

Volgens haar voel sy die pyn van mense wat oor die wêreld heen deur die virus geraak word.

“Onsekerheid is nooit lekker nie, maar ek dink die wêreld moet ’n stadiger pas begin handhaaf en ons moet ons oë oopmaak vir hoe ons as ’n gemeenskap leef. Mense het miskien vergeet wat regtig belangrik is, ek ingesluit.

“Om nou ’n gesonde afstand te handhaaf is miskien ’n manier om van ou gewoontes ontslae te raak en die natuur weer op te soek. Mense moenie paniekerig raak nie, maar voorkomend optree.

“Ons mag nie ons planeet as vanselfsprekend aanvaar nie. Ons deel die aarde met miljarde ander mense. Ons het almal ’n gelyke plig om dit in stand te hou.”

Meer oor:  Mej. Planeet  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.