Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Mej. SA laat die koppe draai in New York

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, het die koppe op die New Yorkse modeweek in Amerika laat draai.

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, lyk pragtig in ’n MaXhosa-skepping op die loopplank tydens die New Yorkse modeweek. Foto: Gregoire Avenel

Die modeweek, wat ’n hoogtepunt in die bedryf is, het Vrydag begin en duur tot 14 September.

Tunzi, wat op Vrouedag as Mej. Suid-Afrika gekroon is, het met haar natuurlike, kort kapsel pragtig gelyk in MaXhosa-skeppings deur die ontwerper Laduma Ngxokolo.

Hulle is albei van die Oos-Kaap en Xhosasprekend.

Luidens ’n verklaring het Tunzi ook uitrustings van die Mosambiekse ontwerper Eliana Murargy aangehad.

Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal van 2017, was ook in ’n skepping van MaXhosa te sien.

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, saam met die MaXhosa-ontwerper, Laduma Ngxokolo. Foto: Gregoire Avenel

Stephanie Weil, uitvoerende hoof van die Mej. Suid-Afrika-organisasie, sê Tunzi se ontvangs op die modeweek was “uitsonderlik” en dat dit ’n trotse oomblik vir Tunzi, die organisasie en alle Suid-Afrikaners was om haar op die loopplank in New York te sien.

“Vir haar is ’n droom bewaarheid en die wêreld weet nou dat hulle met Suid-Afrika op die internasionale verhoog rekening moet hou,” sê Weil.

Tunzi sê sy geniet New York en is oorbluf met haar ontvangs in Amerika.

“Dit is ’n groot avontuur. Ek is elke dag dankbaar vir die wonderlike geleenthede wat ek kry,” sê sy.

Tunzi het buiten haar tyd op die loopplank ’n onderhoud met die Afro-Amerikaanse vrouetydskrif Essence gehad, wat veral op haar natuurlike haarstyl gefokus het. Tunzi dra nie haarverlengings of pruike nie.

Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal in 2017. Foto: Gregoire Avenel

Sy het met IMG, die internasionale modelagentskap wat Mej. Heelal besit, vergader en ’n tydjie afgeknyp om by Trevor Noah, die komediant en aanbieder van The Daily Show, in te loer.

“Trevor is baie sjarmant. Ons het lekker in Xhosa geklets,” sê Tunzi.

Tunzi het reeds heelwat harte plaaslik as Mej. Suid-Afrika gesteel. Sy het meer as 200 000 volgelinge op Instagram en meer as 50 000 op Twitter.

Weil sê sy is nie verras oor Tunzi se gewildheid nie. “Sy is stylvol en het (die korrekte) houding en is heeltemal eg. Haar besluit om haar natuurlikheid te omhels sê vir elke vrou dat hulle nie versiersels nodig het nie; hulle is mooi soos hulle is,” sê Weil.

Meer oor:  Mej. Sa  |  Zozibini Tunzi  |  New York  |  Modeweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.