Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Mej. SA met ope arms in tuisdorp verwelkom

Die nuwe Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is Maandag in Tsolo in die Oos-Kaap verwelkom toe sy haar tuisdorp die eerste keer ná haar kroning besoek het.

Honderde mense het in die strate saamgedrom om die beeldskone Tunzi te sien, terwyl haar konvooi deur die strate van Tsolo beweeg het.

Mej. Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is oorweldig deur die steun van inwoners van haar tuisdorp. Foto’s: Verskaf

Opgewonde dorpenaars het gedans en sing en het openlik gewys hulle ondersteun Tunzi wat dié klein dorpie se naam wêreldwyd bekend gemaak het.

Jong meisies het saam met haar selfies geneem en sy het spesiaal aan hulle aandag gegee en gesê: “Dit was ek ’n paar jaar gelede.”

Tunzi sê sy is oorweldig deur die steun wat sy van inwoners van haar tuisdorp ontvang.

“Ek kan nie glo hoeveel mense opgedaag het om my te kom groet nie. My gemeenskap laat my baie welkom voel. Hierdie mense het ’n groot invloed op my lewe en keuses gehad. Ek is hulle ewig dankbaar. Al wat ek kan sê, is dankie.”

Thokozile Sokanyile, burgemeester van die Sidwadweni-distriksmunisipaliteit, sê die gemeenskap bars van trots oor Tunzi.

Tunzi het nadat sy gekroon is in haar toespraak gesê sy beloof om te baklei vir inwoners van die Oos-Kaap sodat hulle beter toegang tot onderwys het.

Tunzi gaan tydens haar besoek aan tradisionele rituele deelneem wat deur die stamhoof uitgevoer word.

Paul Leisegang, direkteur van die Mej. Suid-Afrika-wedstryd, sê: “Dit was ongelooflik om te sien hoe die mense haar as een van hul eie verwelkom, nes die koningin wat sy is.”

Zozibini Tunzi en haar ma, Philiswa Tunzi.
Lungisa Tunzi omhels sy dogter, Zozibini.
Meer oor:  Zozibini Tunzi  |  Oos-Kaap  |  Nuwe Mej. Sa  |  Celebs  |  Mej. Sa 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.