Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
KYK: Mel B na kliniek vir verslawing

Mel B, die oud-Spice Girl en beoordelaar in die gewilde reeks America’s Got Talent, gaan binnekort in ’n rehabilitasiekliniek vir haar seks- en drankverslawing, asook posttraumatiese stres behandel word.

Mel B verlede week in Los Angeles. Foto: Getty Images

Haar en Stephen Belafonte se egskeiding is die hoofrede waarom sy haar in ’n rehabilitasiekliniek gaan laat opneem, het sy in ’n onderhoud met die Britse poniekoerant The Sun gesê.

Die 43-jarige Mel B se smerige egskeiding het sy tol geëis, blyk dit uit die onderhoud.

Mel B sê sy het die afgelope ses maande gewerk aan ’n boek oor haar lewe, Brutally Honest, en dat dit “ongelooflik traumaties was om weer ’n verhouding waarin ek emosioneel mishandel is te herleef”.

Volgens haar het sy drank gebruik om die pyn te verdoof, “maar soms was dit moeilik om al my emosies te verwerk”.

Rusty Updegraff, ’n vriend, sê in die onderhoud Mel B se seksverslawing was ná haar egskeiding van Belafonte só erg dat sy soms op een dag met tot drie mans seks gehad het, berig The Sun.

Sy het in hofdokumente van die egskeiding beweer dat Belafonte haar fisiek en emosioneel mishandel het. Sy beweer dat hy haar gedwing het om seks met ander vroue te hê.

Daar was ook vroeër gerugte dat sy en Belafonte albei by hul destydse kinderoppasser geslaap het.

Sy sal haar na verwagting ná die huidige seisoen van America’s Got Talent, wat op 19 September eindig, in die rehabilitasiekliniek in Brittanje laat opneem, berig USA Today.

Meer oor:  Mel B  |  Ptsd  |  Celebs  |  Rehabilitasiesentrum  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.