SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Celebs
Mia Farrow se seun vaar uit teenoor sy ma, suster
Moses Farrow

Moses Farrow, seun van die aktrise Mia Farrow, het in ’n essay “A Son Speaks Out” sy ma van fisieke en emosionele mishandeling beskuldig, berig US Weekly.

Boonop betwis hy sy suster, Dylan, se aantygings dat haar pa, die regisseur Woody Allen, haar gemolesteer het.

Dylan (nou 32) beskuldig Allen daarvan dat hy haar in 1992 gemolesteer het. Allen ontken dié aantyging.

Mia Farrow, Woody Allen en hul kinders in 1989 in New York.

“Ek is ’n baie private mens en stel glad nie belang in openbare aandag nie,” skryf die 40-jarige Moses.

“Maar gegewe die onakkurate en misleidende aanvalle op my pa, voel ek dat ek nie langer kan swyg nie wat hy word steeds verdoem weens ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie.”

Die essay het Woensdag op sy blog verskyn.

“Ek was teenwoordig met alles wat voor, tydens en ná die beweerde voorval gebeur het. Noudat dat die openbare histerie van vroeër vanjaar ’n bietjie bedaar het, en ek ’n bietjie hoop koester dat die waarheid gehoor sal word, wil ek my storie deel.”

Mia (73) het Moses uit Suid-Korea in 1980 as ’n enkelouer aangeneem.

Allen (82) het hom meer as ’n dekade later ook aangeneem.

Moses, ’n gesinsterapeut, skryf dat “alles verander het” nadat Allen ’n romantiese verhouding met Mia se aangenome dogter Soon-Yi Previn begin het. Sy het in 1997 met Allen getrou vyf jaar nadat hy en Mia uit mekaar is.

Meer oor:  Woody Allen  |  Mia Farrow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.