Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Mike Tyson en sy vriende rook R600 000 se dagga 'n maand

Die bokslegende Mike Tyson wil groot geld maak uit sy liefde vir dagga en het bekend gemaak dat daar omtrent elke maand R600 000 ($40 000) se dagga op sy plaas in Kalifornië gerook word.

Hy het Maandag in sy Hotboxin-potgooi-uitsending gesê het dat daar sowat tien ton dagga op die eiendom gerook word.

Hy meen as hy eers ’n oord bedryf, kan hy ’n maandelikse inkomste van tussen R700 000 en R900 000 verdien.

Hy maak nou planne om geld uit dagga te maak deur sy 16 ha grond in ’n oord te omskep waar besoekers onder meer ook langs riviere kan ontspan terwyl hulle dagga rook en branderplank kan ry.

CNN berig dat Tyson se jongste plan dalk sy winsgewendste tot nog toe kan wees.

Sedert Kalifornië se dagga-wetgewing in 2018 verslap is, verkoop Tyson nege variasies dagga, daggablomme en ekstrak. Hy gaan glo ook produksie-ateljees, ’n amfiteater en luukse kampgeriewe aanbring.

Die Daily Mail berig Tyson wil mense oor die voordele van die plant en die gebruik daarvan inlig.

Besoekers sal enige plek in die oord kan rook, behalwe waar alkohol verkoop word.

Sy plan is om self dagga te begin kweek en ’n onderrigsentrum te begin waar mense die beste tegnieke kan leer.

People berig Tyson meen dat dagga hom gehelp het om van ander dwelms af te sien nadat hy kort ná sy professionele boksloopbaan aan dwelms verslaaf geraak het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.