Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Miley Cyrus se sus raadop, mis haar kêrel in SA
Brandi Cyrus en haar Suid-Afrikaanse kêrel, Ry, wat glo Afrikaanssprekend is. Foto: Instagram/Brandi Cyrus

Die Amerikaanse sangeres Miley Cyrus se ouer sussie, Brandi, verlang vreeslik na haar Suid-Afrikaanse kêrel, net bekend as “Ry”, noudat hulle al 113 dae in verskillende lande is tydens die Covid-19-pandemie.

“Met die reisverbod wat geld, kan ons nie by mekaar uitkom nie,” skryf Brandi, op Instagram vir haar 1,1 miljoen volgelinge.

“Dit is die langste wat ons tot nog toe uitmekaar was in die een jaar en agt maande dat ons in ’n verhouding is. Dit is so ongelooflik moeilik om van mekaar geskei te wees, en met geen inligting of duidelike antwoorde nie, is dit moeilik om optimisties te bly oor wanneer ons moontlik weer bymekaar sal kan wees.

“Woorde kan nie regtig beskryf hoe ons voel nie. As iemand wat gewoonlik positief en optimisties is, is dit vir my moeilik om te erken.”

Min is bekend oor die aantreklike man met die baard aan Brandi se sy, maar sommige mense beweer hy is Afrikaanssprekend.

Min is bekend oor die aantreklike man met die baard aan Brandi se sy, maar sommige mense beweer hy is Afrikaanssprekend. Voordat die pandemie hulle in sak en as gehad het, het sy gereeld in Suid-Afrika kom kuier en haar jonger sus, Miley, in die Kaap ontvang.

Billy Ray Cyrus, bekend om sy treffer “Achy Breaky Heart”, is Miley en Brandi se pa.

Miley is veral bekend om haar omstrede eskapades, veral toe sy kaal op ’n ysterbal geswaai het vir haar liedjie, “Wrecking Ball”.

Brandi skryf op Instagram sy en Ry was van plan om in Mei vanjaar saam in te trek. Hy sou glo by haar gaan bly in Amerika.

Brandi en haar kêrel op ’n wildrit. Foto: Instagram/Brandi Cyrus

“Ek, saam met duisende ander geskeide paartjies, vra nou vir ’n uitsondering op die reëls van noodsaaklike reis. Laat dit asseblief as noodsaaklik beskou word dat paartjies herenig word. Liefde is noodsaaklik, nou meer as ooit!

“Al wat ek wil hê, is om by die persoon te wees vir wie ek lief is. Ons is bereid om in kwarantyn te gaan, bereid om getoets te word by vertrek en aankoms, bereid om die gesondheids- en veiligheidsreëls na te kom om ons gemeenskappe te beskerm. Ons wil net saam wees.”

Brandi sê sy het talle petisies onderteken en ambassades gekontak, maar nog geen uitkoms gevind nie.

Die paartjie het in Februarie ’n tyd lank in die Kalahari by die Tswalu-natuurreservaat deurgebring saam met die fotograaf Rachel L’Antigua, ’n vriendin van Brandi, asook Olivia Caridi, wat op die Amerikaanse TV-program The Bachelor verskyn het.

L’Antigua het foto’s van Brandi en Ry geneem waar hulle op ’n wildrit gaan, perdry en langs die strand baljaar. Op die foto’s lyk hulle baie verlief en staar in mekaar se oë.


Meer oor:  Ry  |  Miley Cyrus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.