Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Min Shaw (85) by Foxwood gehuldig

Met die wens om gesond te bly en “nog siele vir die koninkryk van die Here te wen” is die sangeres Min Shaw die afgelope week op haar 85ste verjaardag in Foxwood House se Tuin van Roem gehuldig.

Haar verjaardag is met ’n geselligheid by dié teater en gastehuis in Houghton in Johannesburg gevier met haar familie en sangers soos Lance James, Manuel Escorcio, Glenys Lynne, Gert van Tonder en Rudi Claase wat saamgekuier het.

85ste verjaardag
Min Shaw

Shaw het opgetree en onder meer die liedjie “Jy is my liefling” gesing wat sy in die gelyknamige rolprent uit die 1960’s gesing het.

Sy en James, haar jare lange sangmaat, het ook saam gesing, terwyl Claase en Escorcio vir haar gesing het.

Op 85 doen sy nog baie moeite met haar voorkoms en haar uitrusting is een wat sy net op spesiale geleenthede dra.

Min Shaw
Min Shaw en Shaun Mynhardt

“Dis een van my gunstelingtabberds wat ek baie selde dra. Dit was ook my uitrusting op Lindie Strydom se program Geloof, hoop en liefde (op kykNET) sowel as by ons boekbekendstelling by die Woordfees. Shaun (Mynhardt, haar biograaf) het dit voorgestel. Dis ook Shaun se gunstelingtabberd en aangesien hy die geleentheid gereël het, wou ek hom ook bederf.”

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling is vroeër vanjaar deur Protea uitgereik.

Die boek bevat talle foto’s en vertel onder meer van haar loopbaanskuif van onderwyseres na sangeres en haar geloof.

Sy het in vier rolprente verskyn: Jy is my liefling, Danie Bosman, Hoor my lied en Lied in my hart.

Sy was aanbieder van die Engelse televisieprogram Tick Tock Time en sy het die rol van Lina vertolk in Franz Marx se dramareeks Familiedae.

Shaw geniet die lewe baie.

“As die wind so lekker deur my hare waai as ek op die hoofweg ry. Om knus in my eie bed te lê en te weet dat ek veilig is in die arms van die beskerming van my Hemelse Vader. Prys sy lieflike naam!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.