Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Mission Control’ se Chris Kraft (95) sterf

Amerika het een van sy ruimtepioniers verloor twee dae nadat die ruimteagentskap Nasa die Apollo 11 se maanlanding 50 jaar gelede gevier het.

Chris Kraft is Maandag in die ouderdom van 95 jaar dood. Hy was Nasa se eerste vlugbestuurder en het die term mission control wêreldbekend gemaak.

Chris Kraft verduidelik iets aan die wyle oudpres. Ronald Reagan in 1981.Foto: Nasa

“Chris was een van die kernpersoneellede wat gehelp het dat Amerika ’n man in die ruimte kon kry en op die maan kon land. Sy nalatenskap is onmeetbaar,” sê Jim Bridenstine van Nasa in ’n verklaring.

Chris Kraft in die oorspronklike mission control-vertrek van waar die Apollo-vlugte deur hom bestuur is. Dit is nou ’n nasionale geskiedkundige baken. Foto: AP

Dit is nie bekend hoe Kraft dood is nie. Hy het in Houston gewoon, berig CNN.

“In ’n poging om sy werk te beskryf het Chris dit op ’n keer vergelyk met ’n dirigent. Hy het gesê die dirigent kan nie al die instrumente in die orkes bespeel nie, dalk nie eens een nie. Maar hy weet wanneer die viole moet begin, en hy weet wanneer die trompette hard of sag moet speel en wanneer die tromspeler die tromme moet slaan. Hy meng dit alles en daar is musiek. Dit is wat ons hier doen,” het Bridenstine gesê.

Kraft het al die Mercury-ruimtereise bestuur asook van die Gemini-vlugte. Hy was ook by die ontwikkeling van die pendeltuig betrokke, berig NPR.

In ’n opname tydens Alan Shepard se 15 minute lange wentelvaart om die Aarde in die 1960’s praat ’n skynbaar komkommerkoel Kraft met sy kollegas. Later het hy in ’n onderhoud gesê hy het dalk kalm geklink, maar hy het “soos ’n riet gebewe”.

“Dit was nie so sleg ná die eerste een nie, maar daai eerste een was iets anders.”

Meer oor:  Nasa  |  Sterfgeval  |  Wetenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.