Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Moenie meer aan my lyf vat nie, sê Gaga nou

Die Amerikaanse sangeres Lady Gaga het om verskoning gevra vir die duet wat sy destyds saam met die sanger R. Kelly opgeneem het.

Kelly is intussen deur verskeie vroue van seksuele wangedrag beskuldig.

Gaga en Kelly het in 2013 ’n duet genaamd “Do What You Want (With my Body)” opgeneem.

Lady Gaga en R. Kelly vroeër in die musiekvideo vir die duet “Do What You Want (With my Body)”. Foto: Getty Images

Gaga het belowe dat sy nooit weer saam met Kelly sal werk nie en dat sy hul duet van stromingsdienste sal probeer verwyder.

Haar uitlating volg nadat vroue Kelly in ’n dokumentêr van seksuele aanranding beskuldig het. Minderjarige kinders was glo ook by dié beweerde wandade betrokke.

Kelly is in 2008 in ’n hof in Chicago onskuldig bevind op aanklagte wat met kinderpornografie verband hou.

Lady Gaga sê sy glo die vroue wat in die dokumentêr Surviving R. Kelly verskyn se weergawe van die gebeure, en sy ondersteun hulle volkome.

Die video, wat tot Vrydagoggend nog op YouTube te siene was, is intussen verwyder. – Reuters

Meer oor:  R Kelly  |  Lady Gaga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.