Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
’n Dag met . . . Soli Philander

Soli Philander is tans te sien in die Baxter-teater se Endgame. Hy sê om suksesvol te wees verg nie net jare se opleiding en deursettingsvermoë nie, maar ook harde werk om elke keer op jou beste te wees. Herschelle Benjamin het by hom uitgevind hoe ’n dag in sy lewe verloop.

08:00: Ek begin die dag met ’n sterk koppie boeretroos by ’n koffiewinkel in Woodstock. Dit is waar ek ook woorde leer en deur notas van die vorige aand se vertoning gaan. Natuurlik dink van die mense daar ek is mal as hulle my so sien prewel terwyl ek woorde leer.

Soli by sy gunsteling-koffieplek, Continuum, in Woodstock.

09:00: ’n Belangrike deel van my dag is om elke dag vir Moena Davids te gaan kuier. Sy is my grootste aanhanger en soos my tweede ma. Moena het vier jaar gelede my buurvrou geword en sedert dan voed sy my, doen my wasgoed en gee vir my die eerlikste kritiek. Sy is gaande oor my vertolking in Endgame, maar Antoinette Kellermann is haar gunsteling. Sy het selfs vir almal Eid-koekies gebring om dié dag te vier.

13:00: Daarna, is ek weg om my dogter Kyla Philander (25) en haar kêrel, Shaheen Jacobs, te gaan groet by die lughawe. Familie is baie belangrik vir my en om ’n loopbaan met ’n gesinslewe te balanseer is ’n prestasie op sy eie.

Moena en Soli

18:00: Die grimeersessie is vir my deel daarvan om in karakter te kom. Vir die karakter Nagg, wat ek tans speel, neem dit sowat ’n halfuur. En almal dink dis so ’n glansryke beroep . . . Steeds is ek ongelooflik lief vir wat ek doen.

18:30: Dan gaan sluit ek aan by die ander akteurs om te fokus. Dit behels opwarming, meditasie om te verseker dat ons as ensemble saam werk en mekaar vertrou. Hoewel ek en Antoinette in Endgame die meeste van die tyd in dromme sit, moet ons steeds konsentreer en het steeds ’n sterk verbintenis tot die hoofkarakters, Andrew Buckland en Rob van Vuuren. Die fokus voor die tyd duur 20 minute en is ook ’n tyd waarin ons mekaar beter leer ken.

Shaheen, Soli en sy dogter, Kyla.

19:00: Endgame begin.

Endgame se speelvak by die Baxter-teater is verleng tot 1 September. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by webtickets.co.za en by sekere Pick n Pay-winkels.

Rob van Vuuren, Antoinette Kellermann, Soli Philander en Andrew Buckland, in die fokustyd voor die vertoning.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.