Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
’n Soentjie vir Derick – en sommer nóg een

Eers het hulle net mekaar se twiets gedeel, toe verander Derick Hougaard sy WhatsApp-profielfoto en vandeesmaand is sy Twitter-profielfoto sommer drie keer verander om die nuwe vrou in sy lewe te wys.

Hougaard en die sangeres Nádine koer al vir maande in die sosiale media maar in ’n nuwe verhouding is daar baie digitale mylpale.

Life is about moments. Make this one count,” het Nádine Donderdag direk aan Hougaard getwiet met ’n soentjie. “Hoekom jy so goed is vir my sal net jy weet. En dankie vir my eerste twiet,” het Hougaard grappenderwys geantwoord.

“Ek moes net,” het Nádine liefies geantwoord – weer met ’n soentjie.

Derick Hougaard en Nádine straal in sy nuwe Twitter-profielfoto. Foto: Twitter/@derickhougaard

Die nuwe glanspaartjie het in November die gerugte oor hul verhouding bevestig nadat Nádine ’n foto op Instagram geplaas het van hoe sy Hougaard op die voorkop soen. Dit het gevolg op ’n foto wat Hougaard getwiet het van hoe hy op haar skoot lê en die TV-program Musiek Roulette kyk.

Verlede week het Hougaard gesê dat hy “rock bottom” getref het maar dat “een klein meisie” hom van “verwoesting” red.

Nádine het met drie hartjies geantwoord.

In sy jongste Twitter-profielfoto, wat Woensdag verander is, straal Hougaard langs Nádine.

Die liefling van Loftus en sy sangeres-liefling (albei 35) se aanhangers ondersteun hulle voluit. “Met so vrou in jou lewe Derra kan jy berge versit!,” het een aanhanger op Twitter geskryf.

Meer oor:  Nádine  |  Derick Hougaard
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.