Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Nádine ‘salueer’ Stemmet: ‘Nooit sou ek kon raai...’

“Blinkoog, kleintyd, het ek en my ouma ure lank Noot vir Noot gekyk. Saamgespeel en -geraai. Die kenwysie het die gevoel van ‘naweek’ gebring en ek het gedroom oor hoe dit sou voel om op hierdie program te sing! Nooit sou ek kon raai nie...”

So begin die sangeres Nádine se inskrywing op Facebook, waarin sy aan Johan Stemmet, aanbieder van die gewilde program, hulde bring.

Ná 29 aaneenlopende jare, 43 reekse en net kort van 700 episodes het Stemmet op Donderdag 17 Januarie vir oulaas as aanbieder van hierdie musiekprogram op SABC2 verskyn.

Die program se formaat gaan verander, en ’n nuwe aanbieder is nog nie aangekondig nie.

Nádine skryf verder op Facebook dat sy etlike jare later uiteindelik langs “die legendariese Johan Stemmet” op die Noot vir Noot-stel gestaan het.

Ek wou slim wees om so baie en vinnig soos hy te kon praat . . .

“Dit was die grootste voorreg en plesier om weer en weer genooi te word om op te tree en met elke uitsending het my hart in my keel gebons, soos ek elke woord en klank voor die televisie herhaal het, om daarna te sien hoe al ons vriende en familie met kommentaar en gelukwense bel.”

Sy skryf sy het intussen ’n droom gekoester om ook ’n televisie-aanbieder te word.

“Maar ek wou soos ‘oom’ Johan (destyds vir my), aanbied op so mooi stel. Met soveel slim kameramanne, iemand wat jou op die stel kom poeier en ook my eie aantrekkamer met klere wat in ’n ry hang. Ek wou slim wees om so baie en vinnig soos hy te kon praat en om met selfvertroue die gange te kon deurloop en weet wat volgende gaan gebeur. Lank na my opnames wou ek nog bly sit om te sien wat gaan gebeur en ek wou deel van so ’n TV span wees!”

Sy skryf haar droom is 17 jaar later bewaarheid.

Sy is tans aanbieder van die program Musiek Roulette, ook op SABC2.

“Die grootste voorreg van alles: Ek het by die beste geleer! As aanbieder wat die langste ononderbroke aanbieding gedoen het op nasionale televisie, is daar niemand wat Johan Stemmet se skoene kan volstaan nie. 39 jaar se kamera werk, tegniek, intonasie, afwisseling, kennis, fokus en gut feel, kan geen geld koop nie. Dis die spreekwoordelike 10 000 ure en meer!”

Sy bedank Stemmet vir sy leiding, advies, regie, waarskuwing en dat hy vir haar ’n vangnet was.

“Ek het al baie gewonder hoe doen ’n mens dit vir dekades aaneen, met dieselfde magic. Ek haal jou aan: “Happy people make happy shows”, of dalk ken ’n mens eers die resep wanneer jy 39 jaar agter jou naam kan skryf.”

Meer oor:  Nádine  |  Noot Vir Noot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.