Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Nataniël reg vir ’n Moedersdagkuier
Nataniël kuier dié naweek weer uit sy klerekas saam met sy aanhangers.Foto: Media24 argief

Sondag is Moedersdag en as jou ma, vrou of nooi ’n aanhanger van Nataniël se musiek en heerlike droë sin vir humor is, sal sy ’n kuier in haar eie sitkamer saam met hom definitief waardeer!

Nataniël kuier dié naweek vir die tweede keer aanlyn saam met sy aanhangers.

Uit sy klerekas nooi hy ’n paar interessante mense, soos Sandra Prinsloo (aktrise), Charl du Plessis (pianis), Corlea Botha (sangeres), Alexa Strachan (feeshoof) en Reynardt Hugo (hartebreker) om saam met hom te kuier.

Daar sal gesels word oor verlore reise, nuwe geleenthede, gestorwe moontlikhede en nuwe realiteite.

Die vertoning kan op Sondag 10 Mei vanaf 08:00 aanlyn gekyk word.

Kaartjies kos R50 elk en kan by www.optog.co.za gekoop word.

Bel Delmari van Zyl by 084 444 4750 of stuur ’n e-pos aan delmari@optog.co.za.

Meer oor:  Nataniël  |  Kuier  |  Moedersdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.