Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Neil Young stel eise in teen Trump oor musiek

Die sanger en liedjieskrywer Neil Young het eise teen pres. Donald Trump se verkiesingsveldtog ingestel omdat hulle sonder toestemming van sy liedjies gebruik.

Young se eis is Dinsdag in ’n distrikshof in Manhattan, New York, ingedien.

Die liedjieskrywer en rockster Neil Young. Foto: Reuters

Hy voer aan die Trump-kamp het sy liedjies “Rockin’ in the Free World” en “Devil’s Sidewalk” al telkens tydens politieke saamtrekke gebruik, insluitend een in Tulsa, Oklahoma, op 20 Junie en tydens ’n presidensiële besoek aan Mount Rushmore op 3 Julie.

Luidens Young se eis het hy al in 2015 daaroor gekla, toe Trump dieselfde oortreding begaan het tydens sy eerste verkiesingsveldtog.

“Die eis het nie ten doel om inbreuk te maak op die regte en menings van Amerikaanse burgers nie, wat vry is om die kandidaat van hul keuse te ondersteun,” lui die eis. “Die eiser kan egter nie toelaat dat sy musiek as ‘temalied’ gebruik word vir ’n verdelende, on-Amerikaanse veldtog van haat en onkunde nie.”

Die Trump-veldtogkantoor het nie op navrae oor die saak reageer nie.

Young (74), wat in Kanada gebore is maar ook Amerikaanse burgerskap het, eis $150 000 per oortreding.

Twitter het die verlede maand ook ’n veldtogvideo van Trump verwyder nadat die rockgroep Linkin Park gekla het een van hul liedjies word sonder toestemming daarin gebruik. Die video, wat die liedjie “In The End” bevat, is eers deur Dan Scavino, die Withuis se hoof van sosiale media, geplaas en Trump het dit daarna hertwiet.

Die Amerikaanse president het intussen gesê hy het die volste reg om ’n politieke toespraak in die Withuis te lewer. Hy is deur kongreslede gekritiseer vir onetiese gedrag nadat hy gesê het hy gaan sy amptelike aanvaardingstoespraak vir die Republikeinse Party se benoeming as presidentskandidaat in die Withuis lewer.

Toe hy op ’n mediakonferensie daaroor gevra is, het Trump geantwoord: “Wel, dit is wettig. As ek die Withuis gebruik, kan ons baie geld vir die regering bespaar wat aan veiligheid en reiskoste bestee sal moet word.”

Die Withuis se stafhoof, Mark Meadows, het daarna gesê hy neem aan Trump sal dit nie in die Ovaalkantoor doen nie, maar in die oostelike vleuel van die Withuis – die Trumps se woonkwartier. – Reuters

Meer oor:  Neil Young  |  Donald Trump
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.