Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Net koemkwats, nie ’n TV-onderhoud, sê Oprah

Die kletskoningin Oprah Winfrey ontken dat sy Meghan Markle, nou die hertogin van Sussex, se ma met geskenke oorlaai het in ’n poging om ’n onderhoud met Doria Ragland te bekom.

Entertainment Tonight berig eksklusief dat Winfrey en Ragland, ’n joga-instrukteur en welsynswerker, vriende is en dat Ragland bloot by Winfrey in haar paleisagtige woning in Santa Barbara gaan kuier het.

Oprah Winfrey stap na die St. George-kapel by die Windsor-kasteel waar prins Harry op 19 Mei met Meghan Markle getroud is. Foto: Getty Images

ET het Maandag met Winfrey op die première van haar jongste reeks, Love Is, gesels. In dié kort gesprek het Winfrey ontken dat sy ’n eksklusiewe onderhoud uit Ragland wou bewimpel en gesê dat hulle die dag net lekker gekuier het. Hulle het saam joga gedoen en gesmul aan ’n koemkwatnagereg gemaak met koemkwats uit Winfrey se tuin.

Ragland is afgeneem toe sy drie weke voor haar dogter se troue met prins Harry op 19 Mei in Windsor by Winfrey se woning opgedaag het.

Bespiegelings in die poniepers het daarop gesinspeel dat Winfrey Ragland oorlaai het met een van haar bekende geskenkpakkies in ’n poging om Ragland oor te haal vir ’n eksklusiewe onderhoud.

Doria Ragland en prins Charles buite die St. George-kapel by die Windsor-kasteel. Foto: Getty Images

Winfrey was gedurende haar jare lange kletsprogram bekend daarvoor dat lede van haar gehoor ruim oorlaai is met geskenke. Volgens Winfrey is Ragland net met haar eie jogamat onder die arm by haar weg en ’n sak vol koemkwats.

Winfrey het in die onderhoud met ETOnline gesê :“Indien koemkwats vir jou ’n onderhoud kan bewerkstellig, is ek ten gunste daarvan!”

Selfs Samantha Markle, Meghan se halfsuster, het op Twitter gal gebraak oor Ragland wat ’n onderhoud aan Winfrey toegestaan het.

Ragland, wat kort voor die troue by die praktyk in Los Angeles bedank het waar sy as welsynwerker gewerk het, het kort ná die troue na Los Angeles teruggekeer.

Daar word bespiegel dat sy moontlik na Brittanje kan trek indien Meghan en prins Harry kinders kry.

Sy was die enigste lid van Meghan se familie om die troue by te woon. Meghan se pa, Thomas Markle, het kort voor die troue fopfoto’s van hom wat voorberei om na Engeland te reis, in samewerking met ’n steelfotograaf, opgestel. Hy het ook hartprobleme ervaar en dít as rede aangevoer vir die feit dat hy nie na Brittanje kon reis vir die troue nie.

Meer oor:  Doria Ragland  |  Hertogin Van Sussex  |  Oprah Winfrey  |  Meghan  |  Koninklikes  |  Vermaak  |  Koemkwate  |  Tv-Onderhoud  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.