SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Celebs
‘Nie-akademiese’ Tobie kry kanseliersmedalje
Tobie Cronjé Woensdag op die Tukkies-gradeplegtigheid, waar hy die kanseliersmedalje ontvang het.

Hy voel eintlik nie so hands on nie, sê die akteur Tobie Cronjé beskeie oor die kanseliersmedalje wat hy vandeesweek van die Universiteit van Pretoria (UP) ontvang het.

“Ek weet nie of ek gelukgewens kan word nie, want dit was nie my besluit nie. Ek is wel baie dankbaar. Dis so dierbaar van hulle, baie sweet.”

Cronjé het in 1969 aan die UP begin studeer en by onder andere prof. Anna Neethling-Pohl en Neels Hansen klas gehad.

“Ek is wel nie baie akademies ingestel nie. Ek het tydens die ontvangs vertel dat ’n mens in my studiejare 13 kursusse moes voltooi. Ek het een daarvan gedruip en toe kon ek nie my graad kry nie. In 1976 is die reëling egter verander en toe kon ’n mens minder kursusse voltooi en toe kon ek my graad kry – en ek het toe niks daarvoor gedoen nie.

“Met die kanseliersmedalje het ek weer niks gedoen nie. Ek het probeer om dit maar stil te hou, maar dit is ’n baie groot voorreg.”

Cronjé is dankbaar dat iemand soos die aktrise Lelia Etsebeth in die gehoor was.

“Sy het my aangemoedig om ’n Lessac Kinesensic-werksessie by te woon. Dit is ontwikkel deur Athur Lessac, ’n Amerikaanse akteur en regisseur van die 50’s.”

Dit is deels te danke aan dié opleiding dat die UP besluit het om die kanseliersmedalje aan Cronjé toe te ken.

Tobie Cronjé

Cronjé is bekend om reekse soos Willem, Onder draai die duiwel rond en meer onlangs was hy te sien in Simon Barnard se rolprent Die rebellie van Lafras Verwey. Hy het in die 70’s ook dié karakter in Chris Barnard se gelyknamige toneelstuk vertolk.

Hy het ook bekendheid verwerf in sy rolle in Janice Honeyman se pantomimes – dikwels in die rol van ’n vrou.

Cronjé is tans op die stel van die sepie Binnelanders. In Desember sal kykers hom weer in die rol van Kallie sien.

“Ek was die hele jaar eintlik heel rustig, en toe gebeur ’n klomp projekte op een slag. Die storie in Binnelanders is nou baie lekker, hulle het dit mooi geskryf. Maar dit bly maar ’n moeilike medium. Ek leer konstant woorde.”

Meer oor:  Universiteit Van Pretoria  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.