Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Niel, Charlenè se klein Daniel gebore
Die foto van klein Daniel se voetjie wat Niel van Deventer op Facebook gedeel het. Foto: Facebook

Die vervaardiger en skrywer Niel van Deventer en die aktrise Charlenè Brouwer het ’n vroeë Kersgeskenk gekry. Dié bondeltjie vreugde se naam is Daniel Bergh van Deventer, en hy is Woensdag om 14:34 in Kaapstad gebore.

Van Deventer het Woensdag gesê Brouwer, wat ’n natuurlike watergeboorte sonder verdowing gehad het, is “die braafste persoon wat ek nog gesien het”.

Wow – ek weet nie wat om te sê nie. Dit was die ongelooflikste ervaring gewees,” het hy Woensdag gesê.

“Alles het perfek uitgewerk. Die mense hier (by die fasiliteit waar Brouwer geboorte geskenk het) was net soos, super amazing.

“My vrou is ’n super mens, sy is ’n super trooper. Ja, ons seuntjie is nou hierso. Nou begin die sports en die pret. Lekker!”

Van Deventer het Woensdag ’n foto van klein Daniel op sy Facebook-blad gedeel met die inskrywing: “Ek het nooit gedink dit is moontlik om lief te wees, soveel bewondering te hê en om soveel respek te hê as wat ek op hierdie oomblik vir Charlenè Brouwer het nie.”

Meer oor:  Niel Van Deventer  |  Eersteling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.