Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Noah ‘waarsku’ Federer en Gates oor Kaapse toeskouers

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah het Woensdag in ’n twiet Roger Federer, die wêreld se derde beste tennisspeler, en die miljardêr Bill Gates gewaarsku dat die Kaapse skare volgende week Vrydag aan sy en Rafael Nadal se kant gaan wees.

Foto ter illustrasie.Foto: Argief

Voordat twee van die wêreld se beste tennisspelers mekaar op 7 Februarie in Kaapstad in die “Wedstryd in Afrika” pak, speel Federer en Nadal saam met Gates en Noah, medestigter van Microsoft, as hul onderskeie spanmaats in ’n voorwedstryd.

Volgens die amptelike program pak Nadal en Noah vir Federer en Gates om 19:30 in die Kaapstad-stadion as ’n lusmakertjie voor die groot wedstryd.

“Hey, Roger Federer, jy en Bill Gates wil teen my en Rafael Nadal in ’n dubbelspelwedstryd speel!? Oukei. Ons aanvaar jul uitdaging, maar wees daarop voorbereid dat die skare in Suid-Afrika aan ons kant gaan wees.

“Sien julle op 7 Februarie in Kaapstad! Masihambe! (Kom ons gaan),” het Noah getwiet.

Die hoofwedstryd tussen Nadal en Federer vind om 20:30 plaas. Dit is ten bate van die Roger Federer-stigting vir die bevordering van kinderopvoeding in Afrika.

Die Ndlovu-jeugkoor, wat vroeër vanjaar naam gemaak het op die program America’s Got Talent, is ook deel van die aand se vermaak.

Ná die oorweldigende belangstelling vroeër in die vertoonwedstryd tussen die twee tennislegendes, het die organiseerders in Desember aangekondig dat bykomende sitplekke aangebring sal word vir die eerste ontmoeting tussen dié twee supersterre op Afrika-bodem. Daar is plek vir nog 2 670 toeskouers gemaak.

Nadal sal teen volgende week uitgerus wees nadat hy Woensdag deur Dominic Thiem in die kwarteindronde van die Australiese Ope uitgeskakel is.

Die Switserse maestro Federer het die vorige dag die Amerikaner Tennys Sandgren getroef om tot die halfeindronde deur te dring.


Meer oor:  Trevor Noah  |  Roger Federer  |  Bill Gates  |  Rafael Nadal  |  Kaapstad  |  Twitter  |  Twiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.